|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 154
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die vraag van die hoofman betreffende die diens – Cirénius se afwerende antwoord - Die gesprek van die nuuskierige hoofman met die mooi engel - Die liefdespyn van die hoofman
(29 Feb 1844)
154 Na hierdie toneel het ons hoofman na Cirénius gekom en hom gevra hoeveel manne hy moet bevel gee vir sy dienste die aand by die kasteel.
[2] Die hoofman het dit gevra, omdat hy geweet het dat Cirénius nog in hierdie aand sy bagasie na die skip sal laat bring, so ook die voedselvoorraad vir die baie honderde mense, wat hy van Ostrasine na Tyrus sou meeneem.
[3] Cirénius het egter die hoofman aangekyk en gesê: ”My liewe vriend, as ek nou eers daarvoor moes sorg, dan sou dit in gebreke gebly het!
[4] Aan die bevoorrading van die nuwe skip, wat die armes sal opneem, sal vandag nog soveel sorg bestee word dat geeneen van die passasiers nood sal hê nie.
[5] Het jy nie gesien hoe vinnig die ou Kartaagse skip deur hierdie jongmans opgeknap is nie?!
[6] Nou, op dieselfde wyse kan en sal dit ook van alles voorsien word!
[7] Maar wat my eie skepe betref, hulle is alreeds lankal vir een jaar van alles voorsien en in die uiterste geval wel vir `n duisend man.
[8] Daarom hoef vir my niemand moeite te doen nie, maar elkeen kan in sy keiserlike diens bly.”
[9] Hierdie antwoord het die hoofman verbaas, daar Cirénius andersins baie opgelet het na militêre waaksaamheid.
[10] Hy het daarop aan Cirénius gevra: ”U keiserlike, konsulêre hoogheid! Wie is hierdie jongmans dan wel? Is hulle egte Egiptiese towenaars, of is hulle miskien halfgode of beroemde magiërs en sterrekundiges uit Persië?:”'
[11] En Cirénius het geantwoord: ”My liewe vriend, dit is die een, nòg die ander;
[12] maar as jy wel wil weet wie hierdie jongmans is, gaan dan en vra aan een van hulle. Jy sal jou sonder my tussenkoms duidelikheid daaroor verkry!”
[13] Die hoofman het voor Cirénius gebuig en hom dadelik tot een van die aanwesige jongmans gewend met die vraag:
[14] ”Luister na my, my buitengewoon lieftallige, allermooiste, my geheel betowerende, jongeling wat bo my begrip heerlik is, wat eindeloos teer is en wat met jou onbegryplike skoonheid my tong verlam en wat uiters lieftallig is!
[15] Ja, - wat, wou-wou ek jou dan - eintlik ook weer gevra het?”
[16] En die jongman wat op die glans na in volkome hemelse skoonheid oorgegaan het, het daarop aan die hoofman gesê:
[17] ”Dit sal jy tog sekerlik wil weet? Vra maar wat jy wil, vriend van vrae; ek sal immers graag al jou vrae beantwoord!”
[18] Maar die hoofman was volkome van stryk gebring deur die te groot skoonheid van die jongman en kon geen woord oor sy lippe kry nie.
[19] Eers na `n rukkie, toe hy hom versadig gekyk het aan die skoonheid van die jongman wat vir hom onbegryplik was, het hy hom om `n kus gevra.
[20] En die jongman het die hoofman gekus en gesê: ”Hiermee is daar vir ewig `n band tussen ons! - Probeer alleen nog nader kennis te maak met daardie wyse Judeër, dan sal jy meer lig (oor heelwat dinge) ontvang!”
[21] Maar die hoofman het daarop so ontsettend verlief op hierdie jongman geword, dat hy van pure verliefdheid geen raad geweet het nie en sy vraag totaal vergeet het.
[22] En hierdie verliefdheid het hom tot aan die aand toe gekwel en was `n ligte straf vir sy vraagliefhebbery; maar teen die aand was hy egter weer genees en het geen behoefte meer gehad om so `n jongman te nader nie.
|
|
|
|
|