Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 286

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Piras Saggéüs, die onderwyser, wil die Wonderkindjie uit sug na roem in sy skool hê - Josef raai die onderwyser aan om `n poging aan te wend - Jesus beskaam die huigelagtige leraar

(24 Aug 1844)

286 Na ongeveer drie maande, toe Josef klaar was met die werk in die dorp, het daar `n sekere Piras Saggéüs uit die stad by Josef op besoek gekom, waarby hy ook vir die eerste keer persoonlik kennis gemaak het met die Kind, van wie hy alreeds soveel gehoor het.

[2] Eintlik het hy heimlik meer vanweë die Kindjie gekom.

[3] Want hierdie Piras Saggéüs was in die stad `n tweede onderwyser wat weinig te doen gehad het, maar nietemin `n baie hoë dunk van sy wysheid gehad het.

[4] Waarom het hy dan heimlik vanweë die Kindjie na Josef gekom?

[5] Omdat hy gedink het: “Dit moet `n uiters begaafde jong Seun wees;

[6] Hom wil ek na my skool toe bring, sodat deur Sy vinnige vordering my skool `n beter naam kry as dié van my opponent!”

[7] Hy het hom dan ook hoofsaaklik met die Seuntjie Jesus besig gehou, Hom oor menige dinge uitgevra, waarop hy dan steeds altyd `n geheel afdoende antwoord gekry het waaroor hy hom baie verwonder het.

[8] Nadat hy die Seuntjie op hierdie manier getoets het, het Piras Saggéüs hom tot Josef gewend en aan hom gesê:

[9] “Broer, die Kleintjie het vir sy leeftyd wel `n buitengewone verstand. Werklikwaar, jy het `n uiters slim Seuntjie;

[10] dit is jammer dat Hy nog nie kan lees en nog geen letters kan skryf nie!

[11] Sou jy Hom nie na my op skool wou laat kom nie, sodat Hy by my die letters leer lees en skryf?

[12] Ek sal hom dan ook nog onderwys gee in alle ander wetenskappe, sodat Hy ook die oudstes soos as Sy voorvaders leer ken en eer;

[13] en weet jy, ek sou Hom ook leer om lief te wees vir Sy speelmaats, met wie Hy al dikwels na bewering baie onbarmhartig omgegaan het

[14] en ten slotte sou Hy dan ook die wet van Moses leer en bekend word met die geskiedenis van God se volk, en die wysheid van God in die profete!”

[15] En Josef het aan die onderwyser gesê: “Goed, vriend en broer! Maar voordat jy hierdie jong Seun van my by jou in die skool neem, doen nog `n klein toets in die teenwoordigheid van sommige getuies wat vandag by my is!

[16] Sê aan Hom alle letters voor en verduidelik hulle aan Hom en stel dan vrae aan Hom daaroor,

[17] dan sal jy uit dit wat die jong Seun van jou verduideliking onthou het, die beste kan beoordeel hoe dit met Sy talent gesteld is!”

[18] Die onderwyser het dit dadelik gedoen. Hy het aan die jong Seun die letters van alfa tot omega duidelik voorgesê en die tekens ook so goed soos dit vir hom maar moontlik was, verduidelik.

[19] Maar Jesus kyk die onderwyser vol verbasing aangekyk en toe hy Hom daaroor begin uitvra, gesê:

[20] “O u huigelaar van `n onderwyser! Hoe wil u die beta aan die leerlinge leer, as u die nog nooit die betekenis van die alfa verstaan het nie?!)

[21] Verduidelik aan My die alfa volgens die ware wysheid, dan sal Ek glo wat u My oor die beta sal vertel!

[22] Maar om u nou te laat insien dat dit nie nodig is dat Ek van u die letters, hulle vorm en betekenis leer nie, sal Ek hulle aan u verduidelik en u die ware betekenis van die letters laat sien!”

[23] Nou het die klein Jesus die hele alfabet aan die verbysterde onderwyser te verduidelik en het hom daarby ook fluks telkens gevra of hy dit wel begryp het!

[24] Maar elke antwoord van die onderwyser was so dom en uiters onvolledig, dat alle aanwesiges hartlik daaroor moes lag.

[25] Toe die onderwyser sulke verbasingwekkende wysheid in die Kindjie ontdek het en ingesien het hoe hy daar tot skande gemaak was, het hy opgestaan en aan die aanwesiges gesê:

[26] “O, wee my, arme man! Ek het nou algeheel verward geraak! Ek het myself skande, spot en skade berokken, omdat ek die Seuntjie in my skool wou hê!

[27] O broer Josef, kom haal die jong Seun by my, want ek kan die skerpheid van Sy aangesig en die deurdringendheid van Sy woorde nooit verdra nie!

[28] Waarlik, hierdie Seuntjie is nie van hierdie aarde afkomstig nie! Hy moet met Sy wysheid wel kan verstaan om vuur en water aan bande te lê!

[29] Ek wil vir altyd `n dwaas wees as Hy nie lank voor die skepping van die aarde gebore is nie! JaHWeH sal weet watter moederliggaam Hom gedra het en welke skoot Hom gevoed het!

[30] Wee my! Ek is alreeds `n dwaas; ek het gekom om `n leerling te kry en kyk, ek het `n Onderwyser gevind, wie se gees ek nooit sal kan nastreef nie! O vriende, voel met my die skande! `n Grysaard word deur `n Seuntjie tot `n dwaas gemaak - dit is immers my dood!

[31] Daarom, o Josef, kom neem die jong Seun by my weg, want Hy moet iets geweldig wees: òf `n God òf `n engel!”

[32] Nou het alle aanwesiges die onderwyser begin troos, want hulle het hom jammer gekry vanweë sy groot nood.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205