Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius betuig sy liefde aan die Heer - Die toetsing daarvan: Tullia se dood – Cirénius se diepe rou - Teregte berisping van die teleurgestelde Kindjie en die goeie uitwerking op Cirénius

(19 Mrt 1844)

188 Toe Cirénius egter hierdie aardbol weereens met groot aandag betrag het, wou die Kindjie losgelaat word om `n bietjie heen en weer op die heuwel te huppel. 

[2] En Cirénius het Hom baie saggies op die grond gesit en gesê:

[3] “O my lewe, my heil, my alles! Alleenlik uit my hande laat ek Jou gaan, 

[4] maar nimmer, nimmer uit my hart nie, want daar woon Jy voortaan geheel en al alleen -ja Jy alleen is my liefde! 

[5] Waarlik, as ek net Jou, my Heiland, het, dan is die hele wêreld met al sy skatte vir my minder werd as heeltemal niks!” 

[6] Die Kindjie het nou opgestaan en Hom weer tot Cirénius gewend en aan hom gesê: 

[7] “Dan moet Ek tog weer by jou bly - hoewel Ek baie graag ietwat sou wou rondhuppel - omdat jy My werklik so lief het! 

[8] indien jy voortdurend jou klein aarde sou bekyk het, kyk, dan sou dit wel `n bietjie vervelig vir My geword het om by jou te wees, 

[9] maar noudat jy jou hart en al jou aandag weer ten volle op My gevestig het, nou moet Ek by jou bly en kan nie van jou skei nie! 

[10] Maar luister, My liewe Cirénius, wat sal jou vrou wel daarvan sê, noudat sy sekerlik gehoor het, dat jy net My alleenlik liefhet?!” 

[11] En Cirénius het gesê: “Heer, as ek Jou alleen maar het, wat vra ek dan nog na my vrou en na die hele wêreld? Kyk, dit alles is vir my geen enkele geldstuk werd nie! 

[12] O My Jesus, welke saligheid kan daar dan groter wees as alleenlik om Jou bo alles lief te hê en deur Jou ewe-eens bemin te word?! 

[13] Daarom sou ek Tullia eerder versmaad soos `n swerm sprinkane, voordat ek ook maar net `n haarbreedte van die liefde tot Jou sou wou afwyk!” 

[14] Die Kindjie het egter gesê: “Cirénius, as Ek jou egter `n bietjie daaroor op die proef sou stel, dink jy dan wel, dat jy standvastig sou bly?” 

[15] En Cirénius het gesê: “Volgens my gevoelens op hierdie oomblik, sou Jy die aarde wel onder my voete tot stof mag verpulwer en Tullia duisendmaal van my wegneem as dit moontlik sou gewees het, dan sou ek nogtans Jou net so veel liefhê!”

[16] Toe het Tullia plotseling, soos deur `n slag getref, op die grond neergeval en was volkome dood. 

[17] Alle aanwesiges het hewig geskrik en mense het dadelik goed gegiste suurlemoensap en vars water gebring en haar gelaaf! 

[18] Maar alle moeite was tevergeefs, want Tullia was dood. 

[19] Toe Cirénius egter gesien het dat Tullia werklik dood was, het hy sy gesig verberg en begin om baie verdrietig te word. 

[20] Nou het die Kindjie egter aan die treurende Cirénius gevra: “Cirénius, hoe het Ek dit nou met jou? Kyk, die aarde is nog heel en jou vrou is nog lank nie duisend keer gedood, soos jy dit verlang het nie - en jy treur asof jy alles op die wêreld verloor het!  

[21] Het jy My dan nie nou net gesê, dat Ek tog alles vir jou was nie?! Hoe is dit moontlik dat jy nou so verskriklik treur?” 

[22] Toe het Cirénius `n diep sug geslaak en klaend gesê: “O Heer, ek het immers nie geweet hoe dierbaar Tullia vir my was , solank ek haar gehad het nie; haar verlies laat my nou eers haar waarde sien! 

[23] Daarom treur ek en ek sal my lewe lank wel om haar treur, omdat sy so `n edele en getroue hulp vir my was!” 

[24] Toe het die Kindjie diep gesug en gesê: “O julle wispelturige mense, hoe min standvastigheid woon daar in julle harte! 

[25] As julle alreeds so in My aanwesigheid is, hoe sal julle dan wel wees as Ek nie meer by julle sal wees nie? 

[26] Cirénius, wat was Ek `n paar minute gelede vir jou en wat is Ek nou vir jou? 

[27] Jy verberg jou gesig vir My en vir die wêreld en jou hart is so vol treurigheid, dat jy nouliks in staat is om My Stem te hoor. 

[28] Maar Ek sê vir jou: Waarlik, so is jy My nog nie werd nie! 

[29] Want wie sy vrou nog meer liefhet as vir My, is My nie werd nie, omdat Ek immers meer is as `n vrou, wat geskape is deur My mag! 

[30] Ek sê vir jou: Dink voortaan beter na, andersins sal jy in hierdie wêreld My aangesig nie meer aanskou nie!” 

[31] Daarna het die Kleintjie na Josef toe gegaan en aan hom gesê: “Josef, laat die dooie na die kamertjie bring en op `n draagbaar lê!” 

[32] Maar Josef het gevra: “My Seuntjie, word sy nooit meer lewendig nie?” 

[33] En die Kindjie het gesê: “Vra My nie daarna nie, want nou is dit nog lank nie My tyd nie, doen egter wat Ek jou sê! 

[34] Kyk, die vrou was jaloers op My toe Cirénius sy liefde aan My betuig het; hierdie afguns en nyd oor sy liefde vir My het haar so plotseling gedood! Vra My dus nie verder daaroor nie, maar laat haar in die kamertjie op `n draagbaar lê, want sy is werklik dood!” 

[35] Josef het die dooie liggaam daarop dadelik na binne laat dra en in `n sykamertjie `n draagbaar gereed gemaak om die liggaam daarop te lê. 

[36] Almal het nou na Cirénius toe gegaan om hom te troos oor die plotselinge verlies van sy vrou. 

[37] Maar Cirénius het sy gesig gou weer onthul, hom soos `n ware held opgerig en gesê: 

[38] “O liewe vriende, troos my nie tevergeefs nie, want ek het my troos alreeds in my eie hart gevind, 

[39] en `n beter troos kan julle my sekerlik nie gee nie! 

[40] Kyk, die Heer het my hierdie waardevolle vrou op wonderbare wyse gegee en Hy het haar my hier weer ontneem; Hy alleen is immers die Heer oor alle lewe! 

[41] Aan Hom moet ons dan ook alles opoffer en Sy heilige Naam is daarom ewig geloof en geprys! 

[42] Dit is weliswaar `n harde slag vir my vleeslike hart, maar ek ervaar dit nou ook des te meer lewenswekkend vir my gees! 

[43] Want daardeur het die Heer my vry gemaak en ek behoort nou geheel en alleen aan Hom, los van alle aardse bande; Hy alleen is nou die heilige bewoner van my hart! Troos my daarom nie meer nie; Hy alleen is immers My troos vir ewig!” 

[44] Nou het die Kindjie weer na Cirénius toe gekom en aan hom gesê: Amen! Laat dit so wees vir ewig! 

[45] Soos `n asemtog sal hierdie aardse jare vergaan waarin ons nog hier sal werk, maar daarna sal jy daar wees, waar Ek ewig sal wees met al diegene wat My sal liefhê soos jy! Laat dit ewig, ewig, ewig so wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205