Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 254

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Innerlike adel van Maria en Jesus se instemmende woorde - Toeligting van die Heer oor barmhartigheid en oor liefde jeens vyande

(16 Julie 1844)

254 Toe Maria haar klere weer gesien en teruggekry het, was sy wel bly, maar terselfdertyd het sy ook medelye gehad met diegene wat haar die klere teruggebring het; 

[2] want sy het by haarself gedink: “Hulle het sekerlik niks van die goud gekry nie, daarom het hulle toe uit nood die armsalige kledingstukke gesteel. 

[3] Nou sal hulle wel in groot nood verkeer. 

[4] O, indien hulle nog maar hier sou gewees het, dan sou ek graag aan hulle die klere of soveel geld geskenk het dat hulle vir hulleself daarvan klere sou kon aanskaf!” 

[5] Nou het die Kindjie na Sy moeder gekom en gesê: 

[6] “Maar moeder, vandag is jy mooi! As jy sou geweet het hoe mooi jy is, dan sou jy eers ydel kon word!”

[7] Maria het geglimlag en het aan die Kleintjie gesê, wat haar gestreel het: 

[8] “O My allerliefste Jesus! Is ek dan nie alle dae ewe mooi nie?” 

[9] En die Kindjie het gesê: “O ja, jy is altyd wel baie mooi, maar soms is jy tog `n bietjie minder mooier! 

[10] Maar vandag is jy wel heel besonder mooi! Waarlik, jy is omring deur duisend aartsengele en elkeen van hulle wil die naaste aan jou wees!” 

[11] Maar Maria het die woorde van die Kindjie nie verstaan nie en sy het maar om haarself heen gekyk of daar enige aartsengel te siene sou gewees het. 

[12] Maar sy het niks anders gesien as wat daar in die kamer was nie en daarom het sy aan die Kindjie gevra: 

[13] “Ja, waar is dan die duisend aartsengele, want ek kan geeneen sien nie?” 

[14] Toe het die Kindjie gesê: “Jy mag ook geeneen sien nie, anders sou jy ydel kon word!  

[15] Jy is nou daarom so mooi voor alle engele in die hemel, omdat daar in jou hart so `n groot barmhartigheid ontstaan het, wat Myne byna ewenaar! 

[16] Want sien, om jou vyande tereg en menslik aan `n boete te onderwerp, is ook regverdig en God welgevallig en so moet dit op aarde ook altyd wees, 

[17] maar om jou vyande hulle skuld van ganser harte te vergewe en bowendien nog goed aan hulle te doen en hulle te seën, sien, dit is suiwer goddelik! 

[18] Dit bewerkstellig alleen die eindelose krag van die Goddelike liefde, 

[19] want die menslike liefde is te swak daarvoor! 

[20] Omdat jy egter so pas gedoen het soos wat God dit doen, daarom is jy nou so mooi; want God is die allerhoogste mooiheid, soos Hy ook die allerhoogste liefde is. 

[21] Doen nou ook maar wat jou hart verlang, dan sal My Ryk van die liefde jou soos `n koninkryk ten dele val en jy sal dan vir ewig `n koningin daarin wees!”

[22] Dadelik het Maria nou Jonathan agter die diewe aan gestuur en hy het hulle teruggebring. Maria het aan hulle almal ryklik van die geld geskenk wat Jonathan aan haar en ook aan Josef gegee het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205