Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Jonathan se oordrewe eerbied vir en nederigheid voor die Seuntjie Jesus - Goeie raad van Josef en liefdevolle bemoediging deur die Kindjie -Jonathan bly

(22 Mrt 1844)

172 Nadat Jonathan weer ietwat herstel het van sy verbasing oor die woorde van die Kindjie, het hy aan Josef gesê: 

[2] “Broer! Voorwaar, hoe vas ek my ook voorgeneem het om vandag en môre by jou te bly, sal ek waarskynlik tog nie getrou by hierdie voorneme kan hou nie! 

[3] Want kyk, alles kom my hier nou te gewyd voor! Dit lyk wel asof ek hier in `n afgeleë streek is, waarin alles wat `n wandelaar sien, hom toeroep: “Hier is geen plek vir jou nie, maar alleenlik vir geeste!” 

[4] Ook kom dit my hier voor as op `n buitengewoon hoë berg, op die spits waarvan die betowering van die ver uitsig die sinne aanvanklik bekoor; 

[5] maar al gou sê die koue, suiwer lug aan hom: 

[6] “Jou trae en onrein menslike lasdier, trek spoedig terug na jou stinkende geboorteland! 

[7] Want hier, waar die reinste geeste van die reinste eter hulle bevind, is geen verblyfplek vir `n onrein siel nie!” 

[8] Hoe rein was die groot profeet Moses; en tog het die Heer aan hom gesê, toe hy verlang het om hom te sien: 

[9] “Vir My, jou God, kan jy nie sien en terselfdertyd in die lewe bly nie!” (Exodus 33:20: “20 Verder het Hy gesê: Jy kan My Aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.”) 

[10] Hier is dieselfde Heer in die volheid van Sy heiligheid; Hier is Hy, wat verkondig is deur die mond van alle profete! 

[11] Hoe sou dit vir my dan moontlik wees om Sy sigbare aanwesigheid nog langer hier te verdra, ek, wat tog `n ou oortreder is van alle wette van Moses?!” 

[12] Maar Josef het gesê: “Liewe vriend en broer, jy weet tog wat die vernaamste wet is; waarom wil jy dan liewer na jou huis gaan as om hierdie wet daadwerklik lewendig in ag te neem? 

[13] Jy moet die Heer liefhê met al jou kragte en nie voortdurend aan jou sondes dink nie, dan sal jy die Heer beslis beter geval as deur jou voortdurende uitroepe! 

[14] Wag totdat die Kindjie afskeid van jou sal neem! As dit sal gebeur, weet dan, dat jy Hom onwaardig is; 

[15] maar bly, solank dit nie die geval is nie, want jy sal in die ewigheid nêrens méér tuis wees as hier nie!” 

[16] Nou het die Kindjie daarby gekom en gesê: “Josef, jy het gelyk, dat jy Jonathan `n bietjie `n les geleer het; waarom is hy so eiesinnig om nie hier te wil bly nie, terwyl Ek hom tog so liefhet!” 

[17] Daarna het die Kindjie Hom tot Jonathan gewend en gesê: 

[18] “Jonathan, wil jy dan werklik nie hier bly nie? Wat vir `n boosheid sal jou wel hier oorkom, dat jy nie wil bly nie?” 

[19] En Jonathan het gesê: “My God en My Heer, kyk, ek is immers `n groot sondaar van die wet!” 

[20] Die Kindjie het egter gesê: “Wat praat jy van sondes? Ek gewaar daar by jou nie een nie! 

[21] Weet jy wie `n sondaar is? - Ek sê vir jou: Hy ís `n sondaar, wat geen liefde het nie!  

[22] Maar jy het liefde en dus is jy voor My geen sondaar nie, want Ek het die sonde jou vergewe, omdat Ek `n Heer van ewigheid is bo Moses!” 

[23] Hierop het Jonathan geween en opnuut die besluit geneem om te bly. Hy het na die Kindjie toe gegaan en Hom geliefkoos.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205