Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die besnydenis van die Kindjie en die reiniging van Maria - Die voorstelling van die Kind in die tempel deur die moeder - Die vrome Simeon en die Kind Jesus

(6 Sept. 1843)

(Lukas. 2:21-24; Lukas.1:31,59).

24 Gedurende die namiddag van die agtste dag - volgens die huidige tydsrekening om drie uur - is die Kindjie in die tempel besny en het die naam 'Jesus' ontvang, wat die engel genoem het, nog voordat die Kindjie in die moederskoot ontvang was. (Lukas. 2:21; 1:59; 1:31; Gen. 17:12; Lev. 12:1-4; Num. 18:15).  

[2] Daar egter in die geval van die bewys van die maagdelikheid van Maria die tyd van haar reiniging dan wettig kon beskou word, word Maria ook dadelik in die tempel gereinig. (Lev. 12:1-4; Lukas. 2:22).  

[3] Daarom het Maria spoedig na die besnydenis die Kindjie op haar arm geneem en Hom die tempel binnegedra, sodat sy Hom met Josef aan die Heer sou voorstel volgens die wet van Moses. (Num. 18:15).  

[4] Soos dit dan ook geskryf staan in die wet van God: ”Al die eersgeborenes moet aan die Heer heilig wees, (Ex. 13:2,15; Lukas. 2:23).  

[5] en daarom moet `n paar tortelduiwe of `n paar jong duiwe geoffer word!” (Lev. 12:6-8; Lukas. 2:24).  

[6] En Maria het `n paar tortelduiwe geoffer en lê hulle op die offeraltaar geplaas en die priester het die offer aangeneem en Maria geseën. (Lukas. 2:25; Gen. 49:18).  

[7] Nou was daar te Jerusalem ook `n man met die naam van Simeon, wat buitengewoon vroom en godvrugtig was en wat op die troos van Israel gewag het, want hy was vervul met die Gees van God! (Lukas. 2:25-26).  

[8] Die Gees van JaHWeH het tevore aan hierdie man gesê: ”Jy sal die dood van die liggaam nie sien, voordat jy Jesus sal sien, die Gesalfde JaHWeH, wat Christus van die wêreld is nie!” (Lukas. 2:26-27).  

[9] Innerlik daartoe aangedrewe, het hy daarom die tempel binnegekom, juis toe Josef en Maria met die Kind nog in die tempel was en nog gedoen het wat die wet alles verlang het. (Lukas. 2:27).  

[10] Toe hy die Kindjie gesien het, het hy dadelik na die ouers gegaan en hulle gevra of hulle hom sal toelaat om Hom `n klein rukkie op sy arms te neem. 

[11 Die godvrugtige ouerpaar het dit graag aan die ou, buitengewone vroom man toegestaan, wat hulle goed geken het. (Lukas. 2:28).  

[12] En Simeon het die Kindjie in sy arms geneem, Hom, geliefkoos, terwyl hy God inniglik geloof het en het ten slotte gesê: (Lukas. 2:28-29)  

[13] “Heer, laat nou U dienaar in vrede gaan, soos U gesê het, (Lukas. 2:29-30)  

[14] want my oë het nou die Heiland gesien, wat U aan ons vaders en profete beloof het! (Lukas. 2:31).  

[15] Hom het U berei vir alle volkere! (Lukas. 2:31-32).  

[16] `n Lig om die heidene te verlig, `n lig tot lof van U volk Israel!” (Lukas. 2:32).  

[17] Josef en Maria was self verwonderd oor die woorde van Simeon, want hulle het nog nie verstaan wat hy van die Kind getuig het nie. (Lukas. 2:33; Lukas. 2:34; Lukas. 20:17-18).  

[18] Simeon het die Kindjie nou weer aan Maria teruggegee, hulle albei geseën en toe met Maria gepraat: 

[19] ”Kyk, Hy word opgestel tot val en opstanding van baie in Israel en tot `n teken wat weerspreek gaan word! (Lukas. 2:34-35)  

[20] `n Swaard sal deur u siel dring, sodat die beraadslaging (gedagtes) van baie harte openbaar sal word!” (Lukas. 2:35).  

[21] Maria het die woorde van Simeon nie verstaan nie, maar nogtans het sy dit diep in haar hart bewaar. 

[22] Dit het Josef ook gedoen en hy het God daarom met baie liefde en krag in sy hart geloof en geprys.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205