Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die wens van Cirénius om deur die kleine Jesus geterg te word - Die antwoord van die Kindjie - `n Belofte vir Rome - Maria se raad om die onbegryplike woorde van die Kindjie in die hart te bewaar

(01 Nov 1843)

81 Cirénius, wat hierdie woorde van die Kindjie ook gehoor het, het oombliklik na die Kindjie toe gegaan en Hom baie liefdevol gevra: 

[2] “O Jy, my lewe! Dan het Jy my sekerlik nie so lief nie, omdat Jy my, toe ek Jou op my arms gedra het, nog nooit geknyp en aan my getrek het nie?” 

[3] Maar Die Kindjie het gesê: “O Cirénius, wees nie daaroor besorg nie; want kyk, al die onaangenaamhede wat jy ter wille van My al verdra het, was louter knypery en die getrek aan jou was plaery van My kant af, omdat Ek jou so liefhet! 

[4] Verstaan jy nou, wat Ek jou gesê het? 

[5] Ek sal jou egter nog wel dikwels knyp en pla - en sal uit pure liefde vir jou eg ondeund wees! 

[6] Maar luister, daarom hoef jy nog nie bang vir My te wees nie, want daar sal geen pyn aan jou toegedien word nie, net soos tot nou toe; verstaan jy My, My liewe Cirénius?” 

[7] Cirénius, met sy hart vol diep agting vir die Kind, het baie getref en ontroerd gepraat: 

[8] ”Ja, ja, my lewe! Ek verstaan Jou baie goed en weet watter groot dinge Jy my gesê het! 

[9] Maar tog sou ek ook wil, dat Jy my, net soos Jou broer, `n bietjie sou wil knyp en pla deur aan my te trek!” 

[10] En die Kindjie het aan Cirénius gesê: “O My liewe vriend sal tog nie kinderliker wil wees as Ek nie? 

[11] Dink jy dan, dat Ek jou daardeur meer sou liefhê? 

[12] O, maar dan vergis jy jou; want nog meer as wat Ek jou in elk geval al liefhet, kan Ek jou tog immers onmoontlik liefhê!  

[13] Waarlik, ook sal jy die grootte en die krag van My liefde vir jou in ewigheid nimmer kan besef en verstaan nie! 

[14] Luister, dit sal geen eeu meer duur of Rome sal veelvuldig in My kasteel binne trek! 

[15] Nou het die tyd weliswaar nog nie aangebreek nie, maar glo My, jy staan nou alreeds op die drumpel, wat spoedig deur baie voete betree sal word! 

[16] Verstaan dit goed: Nie liggaamlik nie, maar vir ewig geestelik in My toekomstige ryk!” 

[17] Hierdie woorde van die Kind het groot opsien by alle aanwesiges veroorsaak en Cirénius het nie geweet wat hy daarvan moes dink nie! 

[18] Hy het hom daarom tot Maria, wat langsaan gestaan het en het haar gevra of sy verstaan het, wat die Goddelike Kindjie nou gesê het. 

[19] Maar Maria het gesê: “O vriend, as dit `n gewone mensekind was, dan sou ons mense Hom ook wel verstaan het; 

[20] maar omdat Hy van `n hoëre natuur is, verstaan ons Hom nie! Laat ons daarom al Sy woorde in ons bewaar; dan sal die tyd wel dit aan ons in die ware lig onthul!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205