Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

DIE GEBOORTE VAN JESUS IN DIE GROT

Maria se wisselende gemoedstemming onderweg – Die begin van die weë – Die inbring van Maria in `n nabygeleë grot

(23 Aug. 1843)

14 So het ons vrome geselskap tot voor Betlehem gekom wat ongeveer ses uur duur en het `n ruspouse in die opelug gehou. 

[2] Josef het na Maria gekyk en gemeen, dat sy wel baie pyn sou hê en daarom het hy heel verleë by homself gedink: 

[3] ”Wat sou dit beteken? Maria se gesig is vol pyn en haar oë staan vol trane! Miskien het haar tyd gekom?” 

[4] Daarom het Josef weer na Maria gekyk, maar noukeuriger en kyk, daar sien hy tot sy groot verbasing, dat sy lag! 

[5] Hy het haar daarom dadelik gevra: “Maria, vertel my, wat gaan daar in jou om? Want ek sien dat jou gesig een oomblik vol pyn is, dan weer sien ek jou lag en straal van groot vreugde!” 

[6] Maria sê daarop aan Josef: “Kyk, ek sien nou twee volkere voor my! Die een ween, en ek ween noodgedwonge saam. 

[7] Maar die ander trek laggend voor my uit en ek word vol vreugde en opgewektheid en ek moet saam lag en in hulle vreugde deel! - Dit is alles wat in my gesig `n uitdrukking van pyn en van vreugde oproep.“ 

[8] Toe Josef dit verneem het, was hy weer gerusgestel, want hy weet dat Maria dikwels visioene het; daarom laat hy almal ook weer opbreek om verder te gaan en na Betlehem op te trek. (Lukas. 2:6).  

[9] Maar toe hulle naby Betlehem gekom het, het Maria opeens met Josef gepraat: 

[10] ”Luister na my Josef! Hy wat in my is, begin my vreeslik benoud te maak; roep daarom halt!” 

[11] Josef het, heeltemal verskrik oor hierdie plotselinge uitroep van Maria, want hy het nou gesien, dat dit nou moet gebeur, wat hy die meeste gevrees het! 

[12] Daarom het hy ook onmiddellik halt geroep. Maar Maria het weer aan Josef gesê: 

[13] ”Tel my van die eselin af, want wat in my is, maak my geweldig benoud en wil na buite kom! Ek kan die druk nie meer weerstaan nie!” 

[14] Maar Josef het gesê: ”Maar om JaHWeH se wil! Jy sien tog dat hier nêrens `n herberg is nie; waar moet ek dan met jou heen?” (Lukas. 2:7).  

[15] Maria het geantwoord: ”Kyk, daar in die berg is `n grot, nouliks honderd tree van hier af! Bring my daarheen, ek kan onmoontlik verder gaan!” 

[16] En Josef het dadelik die kar en die diere daarheen gelei en het in die grot, wat die herders uit die omgewing tot noodstal dien, tot sy groot geluk ietwat hooi en strooi gevind, waarvan hy onmiddellik `n skamele rusplek vir Maria laat maak het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205