Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die aand op die lieflingsheuwel van Josef - Jakob gee die klein Jesus dikmelk met heuning te ete - Die vlieg in die heuningpot –Jesus se diepsinnige woorde oor Jesaja 7:15

(21 Mrt 1844)

171 Teen die aand van hierdie dag, wat - soos reeds gesê – die dag voor die Sabbat was, het Jakob die Kindjie geneem en na die lieflingsheuwel van Josef opgegaan. 

[2] Gou het Josef en Jonathan die voorbeeld van Jakob gevolg en het ook die heuwel opgegaan. 

[3] Soos gewoonlik het Jakob vir die Kindjie dikmelk en heuning in `n klein houertjie met hom saamgeneem, en `n stukkie koringbrood, 

[4] waarvan hy die Kindjie af en toe `n stukkie in die mond gestop het, want die Kindjie het die graagste `n stukkie brood met heuning of botter geëet. 

[5] Maar toe Jakob sy houertjie op `n bankie neergesit en vrolik met die Kindjie op die gras van die sagte heuwel gespeel het, 

[6] het daar gou enkele bye en vlieë die houertjie kom besoek en lustig begin om aan die soet inhoud te smul. 

[7] Toe Josef dit opgemerk het, het hy aan Jakob gesê: “Gaan en dek die potjie tog met iets toe, anders sal die inhoud gou deur bye en vlieë opgeëet word!” 

[8] Jakob het vinnig met die Kindjie hierheen gekom en wou die besoekers uit die houertjie wegjaag, maar hulle het hom gehoorsaam nie. 

[9] Toe het die Kindjie gesê: “Jakob, gee die houertjie aan My, dan sal Ek sien of die vlieë en die bye ook aan My ongehoorsaam sal wees!”' 

[10] Jakob het nou aan die Kindjie die houertjie in die hande gegee en Hy het driemaal ksjt - ksjt - ksjt - in die houertjie gesis en op dieselfde oomblik het die vlieë en die bye verdwyn. 

[11] Daarna het Jakob aan die Kindjie `n stukkie brood met botter en heuning gegee en die Kindjie het dit geneem en dit tevrede opgeëet. 

[12] Maar Jonathan, wat tevore met Josef allerlei dinge uit die Egiptiese wysheid van simbole (taal wat uit tekens bestaan het) bespreek het, het hierdie handeling opgemerk, wat sekerlik onbeduidend skyn te gewees het, en aan Josef gevra of daarin ook een of ander diepsinnige wyse betekenis sou lê. 

[13] En Josef het geantwoord: “Dit glo ek bepaald nie, want nie in elke klein handeling lê `n verborge wysheid nie. 

[14] Altyd wanneer iemand botter en heuning geopend neersit, sal daar steeds bye en vlieë aankom en daarvan eet! 

[15] `n Mens sou hierdie verskynsel, soos duisende ander, wel by goeie geleenthede in gelykenisse kon gebruik, maar op homself geneem is hierdie handeling onbeduidend!” 

[16] Maar nou het die Kindjie na Josef toe gehardloop en baie vrolik gesê: 

[17] “My liewe Josef, hierdie keer het jy `n slag in die lug geslaan! 

[18] Wat lees jy in Jesaja (Jesaja 7:15-18)? Staan daar nie oor My geskryf: '15 Dikmelk en heuning sal Hy eet as Hy weet om te verwerp wat besoedel is en om te kies wat suiwer is. 

[19]16 Want voordat die Seuntjie weet om te verwerp wat besoedel is en te kies wat suiwer is, sal die Adamah

 waaroor jy treur verlate wees, uit die aangesig van haar twee konings. 

[20]17 

[Maar] JaHWeH sal oor jou en jou volk en die huis van jou vader dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag dat Efraim van JeHûWdah afgeval het nie - die koning van Assur! 

[21]18 En in dié dag sal JaHWeH vir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is, en die bye wat in die Aarde van Assur is; 

[22] Sien jy, Josef, wat in hierdie woorde van die profeet vervat is, dit is ook in hierdie handeling opgesluit, 

[23] maar die tyd van die onthulling het nog nie aangebreek nie, hoewel dit nie meer ver is nie! 

[24] Ken jy egter die Seun van die profetes, wat “spoedig roof, haastig buit” heet? 

[25] Ken jy die Seun, wat deur `n maagd gebaar sal word, wat Hom 'Immanuel' sal noem? 

[26] Sien jy, dit is Ek alles! Maar julle sal dit alles nie eerder volkome verstaan nie, totdat Ek as 'spoedig roof’, 'haastig buit' en as 'Immanuel' vanaf die hoogte vader en moeder sal roep!” 

[27] Nou het die Kindjie weer na Jakob toe gehardloop. Josef en Jonathan het mekaar met groot oë aangekyk en kon hulle nie genoeg verwonder nie oor die woorde van die Kindjie en oor die merkwaardige figuurlike ooreenkoms tussen die voorafgaande handeling en die beeldspraak van die profeet.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205