Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Bedenkinge van Cirénius vanweë die huwelikseëning deur `n hoëpriester van Hymen – Goeie raad van Josef en die groot vreugde van Cirénius

(04 Jan 1844)

108 Cirénius, wat deur hierdie versekering van Josef geheel en al tevrede gestel was, het daarop aan Josef gesê: 

[2] ”Mees verhewe vriend, al my wense is nou vervul, en daar is nou niks meer, wat ek nog sou wou wens nie! 

[3] Net `n fatale omstandigheid heers nog benewens my groot geluk, en dit is die volgende: 

[4] Die hemelse Tullia is nou weliswaar aan my deur God as geseënde wettige vrou geskenk; maar kyk, uiterlik is ek `n Romein en moet my daarom vanweë die volk amptelik terwille van getuienis deur `n priester laat inseën! 

[5] So `n inseëning kan alleen maar deur `n hoëpriester van Hymen behartig word, waardeur dit eers `n regsgeldige verbintenis word. 

[6] Hoe bring ons dit hier egter ten uitvoer, omdat daar, behalwe die drie onderpriesters, nie één meer in die lewe is nie?” 

[7] En Josef het aan Cirénius gesê: ”Wat kan iets so onbelangriks jou dan bekommer? 

[8] As jy weer na Tyrus teruggaan, sal jy daar genoeg priesters aantref wat jou vir geld sal inseën, om enige gewig te heg aan hierdie seëning van jou. 

[9] Maar as jy bly soos jy nou is, dan sal jy beter doen, want jy is tog ook `n meester oor jou eie wet! 

[10] Ek herinner my egter om van `n Romein te gehoor het, dat daar in Rome `n geheime wet bestaan, wat soos volg lui: 

[11] ”Kies `n man `n meisie uit in die teenwoordigheid van `n stomme, `n dwaas of `n onmondige kind, 

[12] en hulle is by die uitverkiesing goedhartig en glimlaggend daarby, dan is die huwelik daardeur volkome geldig; slegs die betrokke priester moet daarvan in kennis gestel word, 

[13] waarby ewenwel `n klein glansende offer nie mag ontbreek nie.” 

[14] As hierdie geheime wet korrek is, wat het jy dan nog meer nodig? 

[15] Laat die drie priesters wat hier by my is, kom; hulle sal vir jou getuig, dat jy Tullia uitverkies het in die teenwoordigheid van `n Kind van nouliks vier maande wat vir jou geglimlag en jou selfs geseën het!

[16] Jy het die onskuldige getuienis en ietwat goud, wat het jy dan nog meer nodig voor die hele Romeinse volk?!” 

[17] En Cirénius het opgespring van vreugde en aan Josef gesê: 

[18] ”Voorwaar, verhewe broer, jy het volkome gelyk! Daar bestaan inderdaad so `n wet; ek kon in die begin my nie dadelik daaraan herinner nie! 

[19] Nou is alles in die beste orde; laat die drie priesters dus maar kom, dan sal ek dadelik oor dié punt `n behoorlike beraadslaging met hulle voer!” En Josef het dadelik die drie nog stomme priesters die kamer laat binnekom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205