|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 135
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die maaltyd in Josef se huis - Die Kindjie maak melding van `n aanslag op Cirénius se lewe – Cirénius se terugkeer na die huis - Die leeus en die nagwag – Die aanval - Die oordeel van God oor die deelnemers aan die aanslag
(07 Feb 1844)
135 Na hierdie bespreking het die drie leeus Cirénius weer verlaat en het hulleself in hulle waenhuis teruggetrek.
[2] Weliswaar wou Cirénius nog heelwat met Josef oor hierdie verskynsel praat, maar die seuns van Josef het juis binnegekom en hom te kenne gegee dat die maaltyd gereed en die tafel gedek was.
[3] Daarop het Josef dadelik die hele geselskap uitgenooi om na die eetkamer te gaan en hulleself aan tafel met spys en drank te versterk.
[4] Op hierdie uitnodiging het almal hulle nou na die eetkamer begeef en die geseënde spyse geëet en hulle dors met water en `n bietjie suurlemoensap gelés.
[5] Na die maaltyd, wat ongeveer `n uur geduur het, het Josef God gedank en alle aanwesige gaste geseën.
[6] Die Kindjie het verlang dat Cirénius na Hom toe moes kom; en toe hy in die grootste nederigheid nader aan Hom gekom het, het die Kind met hom gepraat:
[7] ”Cirénius, vannag sal jy in jou slaapkamer deur `n klein bende verraaiers oorval word.
[8] Daarom gee Ek jou die drie leeus saam; laat hulle in die slaapkamer by jou slaap, soos wat hulle jou sal volg!
[9] En as die horde verraaiers jou kamer binnekom, sal hulle plotseling uiters grimmig deur die drie leeus aangeval en verskeur word;
[10] van jou sal daarby egter geen haar krom gemaak word nie! Skrik nie vir die drie leeus nie, want hulle sal jou heeltemal as hulle meester beskou.”
[11] Cirénius het die Kindjie inniglik gedank en hy het Hom met talle soene oorlaai, net soos sy vrou Tullia, wat egter nie geweet het waaroor die Kindjie vroeër met Cirénius gepraat het nie.
[12] Toe die aand al taamlik gevorderd was, het Cirénius met sy hele geselskap gereedgemaak om te vertrek en het sy uitnodiging vir die volgende dag nogmaals herhaal en het daarna geseënd na die stad teruggegaan.
[13] Toe hy sy voet oor die drumpel gesit het, was die drie leeus alreeds byderhand en het Cirénius vanselfsprekend binne sy woning in begelei.
[14] En toe hy daar met Tullia bed toe gegaan het, het die leeus rondom die bed gaan lê, met hulle stralende oë strak op die ingangsdeur vasgenael.
[15] Die dienaars van Cirénius het nog dikwels in- en uitgegaan, maar die leeus het geen ag op hulle geslaan nie.
[16] Dit was egter omstreeks die tweede nagwaak toe daar twintig vermomde mans baie saggies die slaapkamer van Cirénius binnegekom en baie saggies na sy bed gesluip het.
[17] Toe hulle egter nog maar op `n afstand van skaars vyf tree van die bed was en hulle dolke te voorskyn gehaal het,
[18] het die drie leeus opeens onder die vreeslikste gebrul op hulle neergestort en hulle in enkele oomblikke aan stukke geskeur en nie één het aan hierdie aanval ontkom nie.
[19] Want op so `n aanval was geeneen van hulle bedag nie; by die eerste sprong het almal in die grootste angs en verwarring geraak en het aan geen verdediging gedink nie.
[20] Om hierdie rede het ook geeneen van hulle die terugweg gevind nie en het sodoende `n prooi van die woede van die leeus geword.
[21] En so is Cirénius in hierdie nag wonderbaarlik deur die drie leeus gered en was die volgende môre nie min verbaas, toe hy die verskeurde lyke in sy kamer in die oog gekry het nie.
|
|
|
|
|