|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 19
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Josef is besorg oor die inskrywing - Nuus van die vroedvrou oor die hoofman Cornelius - Besoek van die hoofman in die grot - Josef en Cornelius - Vrede en vreugde van Cornelius in die nabyheid van die Kindjie
19 Die herders was tevrede met hierdie antwoord en het Josef nie verder uitgevra nie. Hulle het weggegaan en Maria allerlei versterkende middels geskenk.
[2] Toe die son die aarde al `n uur verlig het, het Josef aan die vroedvrou gevra:
[3] ”Luister na my, my vriendin en suster uit Abraham, Isak en Jakob! Ek sien baie teen die inskrywing en ek wens niks vuriger as om dit agter die rug te kry nie.
[4] Ek weet egter nie, waar in die stad dit gehou word nie; laat Salome daarom hier by Maria bly en bring my met my seuns na die Romeinse hoofman, wat die inskrywing lei!
[5] Dalk sal ons dadelik gehelp word, aangesien ons sekerlik die eerstes daar sal wees.”
[6] En die vroedvrou het aan Josef gesê: ”Man vol van barmhartigheid, luister na my! Cornelius, die hoofman uit Rome, woon in my huis, wat byna een van die eerste huise in die stad was.
[7] Hy het daar ook sy kantoor. Weliswaar is hy `n heiden, maar verder `n goeie en opregte mens; Ek sal hom alles gaan vertel, behalwe oor die wonder en dan dink ek, dat die saak daarmee afgehandel sal wees.”
[8] Hierdie voorstel het Josef goed geval, omdat hy tog al in elk geval `n groot skroom vir die Romeine en in die besonder vir die inskrywing gehad het; hy het daarom die vroedvrou versoek om dit te doen.
[9] En die vroedvrou het vertrek en het Cornelius, wat nog baie jonk was en in die oggende graag laat geslaap het, nog in die bed aangetref en hom alles vertel wat nodig was.
[10] Cornelius het dadelik opgestaan, sy toga omgeslaan en aan sy gasvrou gesê: Mevrou, ek glo alles wat jy gesê het, maar tog wil ek saam met jou daarna toe gaan, want ek voel `n sterk drang daarna!
[11] Dit is volgens jou verhaal nie ver van hier af nie, ek sal dus nog `n tydjie agter my skryftafel kan sit! Bring my daarom maar dadelik daarna toe!”
[12] Die vroedvrou het haar daaroor verheug en bring die trouhartige jong hoofman wat goed aan haar bekend was, daarheen, wat haar, toe sy by die grot was, die volgende beken het: ”O mevrou, hoe maklik gaan ek in Rome na my keiser en hoe swaar is dit vir my hier om hierdie grot binne te gaan!
[13] Dit moet iets besonders wees! Sê my tog of jy daarvoor `n rede weet, want ek weet dat jy `n opregte Judeër is!”
[14] Maar die vroedvrou het egter gesê: ”Goeie hoofman van die groot keiser! Wag hier `n oomblik voor die grot; ek sal na binne gaan en die verduideliking aan u verskaf!”
[15] En sy het na binne gegaan en het aan Josef gesê dat die goeie hoofman self buite voor die grot staan en wag, en dat hy graag binne wil kom, maar dat hy om onverklaarbare rede nie dit wil waag nie.
[16] Toe Josef dit verneem het, het hy ontroerd geword en gepraat: ”O God, hoe goed is U, dat U selfs dit vir my in vreugde verander, wat ek die meeste gevrees het! Daarom sy U alleen alle lof en alle eer!”
[17] Na hierdie woorde het hyself dadelik uit die grot uitgehardloop en voor Cornelius se voete neergeval terwyl hy gesê het: ”Gevolmagtigde van die groot keiser, ontferm u oor my, arme grysaard! Kyk, my jong vrou wat my deur die lot in die tempel ten deel geval het, het vannag hier geboorte geskenk aan haar kind en ek het eers gister hier aangekom; daarom kon ek my nie dadelik by u laat aanmeld nie!”
[18] En Cornelius het gesê, terwyl hy Josef opgehelp het: ”O meneer, wees nie daaroor besorg nie, alles is reeds in orde! Laat my egter ook binnekom en sien, hoe u hier ingerig is.”
[19] En Josef het Cornelius die grot binnegelei. Toe hy die Kindjie gesien het en hoe hy hom toelag, was hy baie verbaas oor die gedrag van die Kindjie en het gesê: ”By Zeus, dit is seldsaam! Ek voel my soos nuut gebore en nog nooit het ek so `n rus en vreugde in my gevoel nie! - Voorwaar, vandag is `n vry dag en ek bly julle gas!”
|
|
|
|
|