Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die beskouing oor die maan deur Josef en Jonathan word voortgesit - `n Lig oor die skaduwees op die maan

(28 Mrt 1844)

176 Binne-in die huis gekom, het Jonathan aan Josef gesê: “Broer, wat sal van hierdie hoog noodlottige geskiedenis word? 

[2] By my arme lewe! Kyk tog eers by die venster uit! Die hele maan is met huid en haar weggeteer! 

[3] En buite is dit nou ontsettend donker! 

[4] Ja ja, ek het ook al dikwels van die mees geleerde heidene gehoor, dat die mens die sterre van die hemel nie mag tel nie en ook nie te aandagtig daarna mag kyk nie, 

[5] want dan sou dit maklik kan gebeur, dat hulle na benede op die aarde sou val! 

[6] En as `n mens byvoorbeeld sy eie leidster sou teëkom en dit sou neerval, dan sou hy daarmee heen en verlore wees! 

[7] Die maan is immers ook `n hemelliggaam en kan aan dieselfde merkwaardige wet onderworpe wees!

[8] En nou kan dit wees dat ons haar getref het, en dit het êrens gedeeltelik na benede geval op die aarde,want ek het naamlik `n aantal deeltjies sien wegvlieg (vallende sterre). 

[9] Of, ons is nou deur die maan besete, sodat ons maansiek sal word, wat vir ons `n groot kwelling kan word! 

[10] Een van die dinge sal sekerlik die geval wees! Want dat die maan nie meer bestaan nie, is `n tasbare feit; maar wie dit opgeëet het, of waarheen dit gekom het, is heeltemal `n ander vraag!” 

[11] En Josef het gesê: “Weet jy, ek het al wel dikwels gehoor, dat die maan en ook die son af en toe verduister word. 

[12] En dit sou ook nou wel heel maklik die geval kon wees, hoewel ek my nie kan herinner dat ek ooit iets dergeliks gesien het nie! 

[13] Van ouer mense het ek gehoor, dat die Heer se engele beide hierdie hemelligte af en toe oppoets, soos ons `n lamp oppoets as die pit dit vol roet gebrand het, 

[14] waarby dit tydens hierdie werk op aarde dan vanselfsprekend ietwat donker word. En dit sou ook nou sekerlik die geval kon wees! 

[15] Want die fabel, dat `n draak beide hemelliggame begin verslind, is te dom en hoort by die duistere heidendom!” 

[16] Terwyl Josef en Jonathan so met mekaar oor die maan gepraat het, het die maan aan die ander sy weer sigbaar begin word. 

[17] Die kinders en die seuns van Josef het dit opgemerk en gesê: “Kyk, kyk, die maan kom al weer te voorskyn!” 

[18] Beide het na buite uitgekyk en daar het `n steen van Jonathan se hart afgeval, omdat hy die maan nou weer te siene gekry het. 

[19] Nou het Josef weer aan die Kindjie gevra, hoe so-iets tog wel sou werk, 

[20] maar die Kindjie het gesê: “Laat die armsalige maan tog eers te voorskyn kom uit die skadu wat die aarde daarop werp, dan eers sal ons sien of dit verander het! 

[21] Die aarde is immers geen liggaam sonder einde nie, maar is rond soos `n pampelmoes, wat Ek so pas opgeëet het. 

[22] Dit sweef vry rond en daaromheen is `n eindelose vrye ruimte; daarom kan die strale van die son dit altyd van alle kante belig. 

[23] Dus moet die groot aarde tog ook `n skadu werp, en kom die maan daarin, dan word die maan donker, omdat ook hy deur die son verlig word. Meer vertel Ek julle egter nie!” Nou het Josef en Jonathan mekaar aangekyk en nie geweet wat om daarop te antwoord nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205