Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 285

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Verkeerde oordeel van die dorpsregter oor Jesus -Josef gaan kragtig daarteen in - Valse getuies - Josef gee Jesus `n berisping - Die oordeel van die ewige regter - Josef se vergissing en die teregwysing van die Kindjie

(22 Aug 1844)

285 Toe Josef die volgende môre weer met sy vier seuns in die dorp kom werk het en die Kindjie met hom saamgekom het,

[2] het daar `n dorpsregter na hom toe gekom en gesê:

[3] “Luister, timmerman! Dit is nie loflik dat jy die Seuntjie steeds altyd saam met jou bring nie;

[4] want ten eerste het Hy `n giftige uitstraling, en ten tweede word die kinders wat Hy aanraak, spoedig daarna siek

[5] of sterf spoedig of word kort daarna doof of blind!”

[6] By die aanhoor van hierdie leuen het Josef die byl opsy gesit en aan die regter gesê:

[7] “Bring die getuies hierheen wat sulke kwaad deur My uiters onskuldige Seun Jesus gely het,

[8] dan sal ek met hulle na die tempel gaan om die saak met hulle voor God se hoëpriester te laat skik!”

[9] Hierdie regter was egter omgekoop deur die vader van die verdorde seun

[10] en hy het daarom `n middel gesoek om die jong Seun van Josef so verdag moontlik te maak.

[11] Na hierdie woorde van Josef het die regter weggegaan en binne `n kort tydjie later `n menigte kinders, wat die vreeslikste kwale gehad het, uit die dorp bymekaargebring en hulle na Josef toe saamgeneem.

[12] Toe hy daar aangekom het, het hy aan hom gesê: “Dit moet jy nou eers sien! Dit het ons almal aan jou giftige Kind te danke!

[13] Kyk, hierdie kinders het dikwels by Kind besoek en het met hom gespeel;

[14] en kyk, dit is die heerlike vrugte daarvan! Spaar dus ons dorp en laat jou pes tuis!”

[15] Toe Josef dit van die regter gehoor het, het hy hom vererg, die Kindjie eenkant geneem en Hom op ernstige toon aangespreek asof hy Sy gewete wou aanspreek en gesê:

[16] “Waarom doen Jy tog sulke dinge? Kyk hoe hulle daaronder ly en (bowendien) haat en vervolg hulle ons daaroor!”

[17] Die Kindjie daarenteen het aan Josef gesê: “Die woorde wat jy nou gesê het, kom nie van My nie, maar uit jouself;

[18] want jy het nou die woorde gespreek van die regter, wat `n leuenaar is en nie My woorde nie, wat ewig waar is!

[19] Maar teenoor jou sal Ek ewenwel daaroor swyg en jou geen berisping gee vanweë jou geleende woorde nie;

[20] maar hierdie omgekoopte regter kan vanweë hierdie beskuldiging `n welverdiende tugtiging in ontvangs neem!”

[21] En dadelik was die regter stokblind. Almal egter, wat saam met die regter gekom het, was hewig ontsteld oor hierdie gebeure.

[22] Sommige het heeltemal verward geraak en geskreeu:

[23] “Laat ons nou so vinnig moontlik maak dat ons hiervandaan wegvlug! Want elke woord uit die mond van hierdie Kind is `n daad wat volbring is!”

[24] Maar toe ook Josef gesien het dat die regter blind was, en dat hy hom daardeur sekerlik baie moeite sou berokken,

[25] het hy self kwaad geword vir die Kindjie, Hom by aan Sy oorlappie geneem en `n bietjie daaraan getrek, om Hom terwille van die mense daardeur te straf.

[26] Maar die Kindjie het daardeur ergerlik geword en op heel ernstige toon aan Josef gesê:

[27] “Laat dit vir jou genoeg wees dat hulle soek en nogtans nie vind wat hulle soek nie!

[28] Jy het hierdie keer nie wys gehandel nie! Weet jy dan nie dat Ek aan jou behoort nie?!

[29] Waarom wil jy My verdriet aandoen, terwyl Ek jou kind is! O, doen My voortaan geen verdriet meer nie, omdat Ek aan jou immers behoort!”

[30] Josef het spoedig sy fout ingesien, die Kindjie geneem en Hom aan die hart gedruk. Alle omstanders het egter spoedig uiteengegaan weens uitermate groot vrees vir die Kind.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205