|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 37
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Cirénius se sagmoediger verklaring en Josef se antwoord - Die eer, die skat van die armes - Die versoeningsmaal - Goeie raad van Josef- Die bestrafte nuuskierigheid van Cirénius -Die geskiedenis van die ontvangenis van die Kindjie - Die aanbidding van die Kindjie deur Cirénius en die bevestiging van die waarheid
(2 Okt. 1843)
37 Na sulke behandeling het Cirénius hom weer tot Josef gewend en gesê: ”Goeie man, jy hoef daarom nie so kwaad vir my te word nie, want jy sal my tog mos toegee, dat ek as landvoog die reg het om iemand te pols om te sien wie se gees hy werklik het!
[2] Dat ek van jou geen uitsondering kon maak nie - hoe graag ek dit andersins ook sou gedoen het - daarvoor hoef jy slegs na die rampsalige tafel te kyk, wat van sy sieraad ontneem is en dit moet vir jou tog wel duidelik wees, dat `n mens mense soos jy noulettender moet bekyk as hulle wat soos betekenislose eendagsvlieë rondswerwe
[3] Ek dink nie dat ek jou daardeur `n belediging toegevoeg het nie, inteendeel: alleen `n onderskeiding, deurdat ek jou dus as belangrik beskou en met jou praat soos dit vir my as landvoog pas.
[4] Want kyk, dit gaan vir my enkel en alleen om die volle waarheid oor jou afkoms te verneem, omdat ek jou as baie belangrik aansien!
[5] En daarom het ek ook opsetlik gedoen asof ek aan jou twyfel, sodat jy jou heeltemal vir my sou oopstel.
[6] Jou taal het my egter getoon, dat jy `n mens is aan wie geen bedrog kleef nie! En daarom het ek nou nog `n tweede berig van my broer, nog `n hoër bevestigende dokument van elders nodig, want ek sien nou, dat jy `n volkome eerlike Judeër is! Sê eers, is daar nog meer nodig?”
[7] En Josef het gesê: “Vriend, kyk, ek is arm; u is egter `n magtige Heer! My rykdom is my trou en liefde tot my God en die volkome eerlikheid teenoor elkeen!
[8] U is egter naas u trou aan die keiser ook nog baie ryk aan aardse goedere, wat ek ontbeer. As iemand u eer te na kom, dan besit u nogtans die goedere van die aarde.
[9] Maar wat hou ek oor as ek my eer verloor? Met aardse skatte kan u u eer koop: Waarmee sal ek dit koop?
[10] Daarom word die arme `n slaaf as hy eenmaal sy eer en vryheid teenoor die ryke verloor het; het hy daarenteen êrens geheime skatte, dan kan hy sy eer en vryheid terugkoop.
[11] U het my gedreig om my tot u gevangene te maak; sê nou, sou ek dan nie al my eer en vryheid verloor het nie?!
[12] En het ek dan nie gelyk, dat ek my daarteen verdedig nie, omdat ek tog deur u, die landvoog van Sirië en medebevelvoerder oor die kus van Tyrus en Sidon, tot verantwoording geroep is?!”
[13] Maar Cirénius het gesê: ”Goeie man, ek vra jou nou: Laat ons die gebeure heeltemal vergeet!
[14] Kyk, die son gaan byna onder. My dienaars het die maaltyd in die eetsaal opgedien; gaan daarom met my saam en versterk julle. Want ek het geen Romeinse spyse nie, maar die spyse van julle volk laat voorberei, wat julle mag eet! Volg my, wat nou julle nuwe vriend is, daarom sonder om vir my kwaad te wees!”
[15] En Josef het Cirénius met Maria en sy vyf seuns na die eetsaal gevolg en hom buitengewoon verbaas oor die onbeskryflike ryk prag van die eetsaal self, soos ook oor die prag van die eetservies, wat meestal van goud, silwer en kosbare edelstene vervaardig was.
[16] Omdat die kosbare houers met louter heidense afgodsfigure versier was, het Josef aan Cirénius gesê:
[17] “Vriend, ek sien dat u tafelservies versier is met u afgodsbeelde; en u ken egter ook al die krag wat van my Kind uitgaan.
[18] Sien u, as ek met my vrou aan tafel plaas neem en my vrou met haar Kind, dan verloor u op daardie oomblik al u kosbare servies en houers!
[19] Daarom raai ek u aan om òf geheel onversierde servies òf baie eenvoudige erdewerk neer te sit, anders staan ek nie in vir u goud en silwer nie!”
[20] Toe Cirénius dit van Josef gehoor het, het hy geskrik en dadelik die raad van Josef opgevolg. Die dienaars het weldra die spyse in heeltemal onbewerkte skottels van erdewerk gebring en het die goue en silwerwerke dadelik weer weggeruim.
[21] Die nuuskierigheid het Cirénius nogtans daartoe verlei om `n skitterende goue bokaal (drinkbeker) naby die Kind te bring, om homself daarvan te oortuig of die nabyheid van die Kind ook op die goud so `n vernietigende uitwerking sou hê as vroeër op die figure van erts.
[22] En Cirénius moes hierdie nuuskierigheid daadwerklik met die plotselinge, tydelike verlies van die kosbare beker betaal.
[23] Toe hy hierdie bokaal (drinkbeker) kwyt was, het hy geskrik en het daar gestaan asof hy deur `n elektriese slag getref was.
[24] Enkele oomblikke later eers het hy gepraat: ”Josef, groot man, jy het my goeie raad gegee, daarom dank ek jou!
[25] Maar mag ekself vervloek wees as ek eerder van hierdie plek weggaan, voordat ek van jou te wete gekom het, wie die Kind is in wie so `n krag woon!”
[26] Nou het Josef hom tot Cirénius gewend en hom so kort moontlik die geskiedenis van die ontvangenis en geboorte van die Kind vertel.
[27] En Cirénius het, toe hy dit van Josef op vasberade toon verneem het, dadelik voor die Kind neergeval en Hom aanbid.
[28] En kyk, op dieselfde oomblik het die vernietigde bokaal (drinkbeker) van dieselfde gewig - maar nou heeltemal glad - voor Cirénius op die grond gestaan; Cirénius het opgestaan en het nou van vreugde en saligheid geen raad meer geweet nie.
|
|
|
|
|