Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Terugkeer van die heilige familie na Betlehem - Hartlike ontvangs in die grot deur die agtergeblewenes - `n Voerkrip en bedjie vir die Kindjie - `n rustige vriesnag

(11 Sept. 1843)

27 In die laatmiddag, nog `n uur voor sonsondergang, die hoë geselskap Betlehem weer bereik en hulle hulle intrek in die reeds bekende grot geneem. 

[2] Beide die seuns wat agtergebly het met Salome en die hoofman het hulle met ope arms tegemoet gekom en die teruggekeerdes sorgsaam gevra, hoe dit met hulle op hulle reis gegaan het? 

[3] En Josef het alles vertel wat met hulle gebeur het; hy het ten slotte ook erken dat hy en al sy medereisigers die dag nog niks te ete gehad het nie; want die uiterste geringe voorraad was nouliks genoeg gewees vir die swak Maria! 

[4] Toe die hoofman dit van Josef verneem het, het hy dadelik na agter in die grot gegaan en `n hoeveelheid spyse te voorskyn gebring, wat die Judeërs toegelaat was en aan Josef gesê: 

[5] ”God seën dit vir u en seën dit vir u volgens u etiek en versterk en versadig julle almal daarmee!” 

[6] En Josef het God gedank, het die spyse geseën en eet dit vervolgens heeltemal welmoedig saam met Maria, sy seuns en die vroedvrou. 

[7] Vir Maria het die Kindjie, wat sy die hele dag alreeds gedra het, wel baie swaar geword, waarop sy dan ook aan Josef gesê het: 

[8] “Josef, kyk, as ek langs my maar net `n plekkie gehad het om die Kindjie neer te lê om my arms `n bietjie rus te gun, dan sou ek heeltemal versorg wees en die Kindjie self sal dan beter kan uitrus en versterk word tydens Sy slaap!” 

[9] Die hoofman het hierdie wens van Maria nog maar skaars gehoor of hy haas homself dadelik na die agterste deel van die grot terug en haal ylings `n klein voerkrip te voorskyn, wat bestem was vir skape en daar so uitsien soos teenswoordig die voerbakke voor die herberge op die platteland. 

[10] Salome het dadelik die mooiste strooi en vars hooi geneem, die krip daarmee uitgevoer, dit met `n skoon doek bedek en so `n sagte bedjie vir die Kindjie gemaak. (Lukas.2:12).  

[11] Maria het die Kindjie in skoon linne gewikkel, Hom daarna aan haar bors gedruk, Hom gesoen en Hom toe aan Josef gegee, sodat hy Hom kon soen en daarna aan alle aanwesiges, en Hom vervolgens in die bedjie neergelê wat vir die Heer van hemel en aarde sekerlik baie armoedig was! (Lukas. 2:12).  

[12] Die Kindjie het baie rustig geslaap en Maria kon nou rustig eet en haarself deur die maaltyd versterk, wat die uiters goedhartige hoofman vir hulle voorberei het. 

[13] Na die maaltyd het Maria weer aan Josef gesê: ”Josef, laat my rusplek vir my in orde bring, want ek is geweldig moeg van die reis en sou my daarom graag ter ruste wil begeef!” 

[14] Maar Salome het gesê: ”O moeder van my Heer, daarvoor is alreeds lankal so goed moontlik gesorg; kom en kyk!” 

[15] Maria het opgestaan, die Kindjie weer opgetel ook die krip in haar tent laat dra en haarself so ter ruste begeef en dit was vir Maria die eerste volledige nagrus na die geboorte. 

[16] Die hoofman het die oond lekker laat stook en het wit stene laat verwarm en dit rondom die tent van Maria laat neerlê, sodat sy met die Kind geen koue sou hê nie, want dit was `n koue nag, waarin die water buite in ys verander is.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205