Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die wonderbaarlike versorging van Josef se huisdiere deur die engele - Die Sabbatsywer van Josef - Gabriël wys op die bedrywigheid van die natuur op `n Sabbat - Die verdwyning van die engele

(05 Mrt 1844)

158 In die villa aangekom, het Josef dadelik aan sy vier oudste seuns opdrag gegee om na die diere om te sien en hulle te versorg en daarna spoedig te gaan rus. 

[2] Hulle het hulle gehaas en dit alles gedoen, maar hulle het weldra teruggekom en aan Josef gesê: 

[3] ”Vader, dit is wonderbaarlik: sowel die beeste as die esels is gevoer en hulle het gedrink, nogtans is hulle krippe nog vol en die waterbakke tot die rand toe gevul. Hoe kan dit wees?” 

[4] Josef het self gaan kyk en die uitspraak van sy vier seuns bevestig gevind. 

[5] Toe het hy teruggekeer en hy aan die jongmans wat nog aanwesig was, gevra of hulle so-iets op die Sabbat gedoen het. 

[6] En die jongmans het dit bevestig; maar Josef het nou egter baie ernstig aan die jongmans gesê: 

[7] ”Hoe kan julle dienaars van die Heer wees en nie die Sabbat heilig nie?” 

[8] Gabriël het daarop geantwoord: ”O, rein man, hoe kan jy dan so `n vraag aan ons stel? 

[9] Het die dag van vandag nie soos elke ander dag verbygegaan nie? Het die son nie op- en ondergegaan soos op elke ander gewone dag nie? En het die oggend-, middag-, en aandwind nie vandag gewaai nie? 

[10] Het julle, toe ons by die see gestaan het, nie sy beweeglike deininge gesien nie? Waarom sou dit dan nie die Sabbat wou vier nie? 

[11] Hoe het jy vandag wou loop, eet, drink en asemhaal – en waarom het jy nie jou hart verbied om te klop nie?! 

[12] Kyk hier, man wat angstig is om die Sabbat te vier, alles wat daar in die wêreld is en gebeur, bestaan alles immers danksy die daadkrag wat die Heer aan ons verleen het en dit word deur ons gelei en regeer. 

[13] As ons nou `n hele dag lank sou wou rus, sê dan, sou die hele skepping nie dadelik ten gronde gaan nie? 

[14] Sien, ons moet die Sabbat dus alleen deur ons bedrywigheid in die liefde vir die Heer vier, maar nie deur doelloos niks te doen nie. 

[15] Die egte rus in die Heer bestaan dus in die ware liefde vir Hom in ons harte, en in die ooreenkomstige onophoudelike bedrywigheid ter instandhouding van die ewige orde. 

[16] Alle ander dinge is voor God `n gruwel vol menslike dwaasheid. 

[17] Bedink dit goed en wees nie bang om op `n Sabbat goed te doen nie, dan sal jy volkome gelykvormig wees aan die Heer, jou en my Skepper!” 

[18] Na hierdie woorde het alle jongmans op hulle aangesigte voor die Kindjie neergeval en daarna verdwyn. 

[19] Josef het egter hierdie woorde diep in sy hart gebêre en was daarna nie meer so angstig op `n Sabbat nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205