|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 87
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Maria as voorbeeld van vroulike nederigheid - Die lof- en danklied van Josef en sy seuns - Die goeie uitwerking op die drie afgodedienaars
(06 Des 1843)
87 Maria, wat nog altyd nie gewoond was om veel te sê en wat ook nie, soos aan vroue eie is, steeds die laaste woord wou hê nie, het haarself in haar hart tevrede gestel met hierdie eenvoudige en kort vertroosting van Josef.
[2] Sy het haar daarop ter ruste gelê, terwyl Josef haar in sy hart aan die Heer opgedra het.
[3] Josef het daarna na sy seuns gegaan en aan hulle gesê: “Kinders, die aand is heerlik en mooi; laat ons na buite gaan!
[4] Laat ons daar in die groot, heilige tempel van God `n loflied aanhef en die Heer dank vir al die oneindige weldade, wat Hy aan ons en aan ons voorvaders bewys het vanaf die begin van die wêreld!”
[5] Die seuns van Josef het dadelik alles laat staan en hulle vader gevolg.
[6] En hy het hulle na `n klein, vrystaande heuwel gelei, ongeveer honderd tree van die villa vandaan, wat aan die grondgebied van Josef behoort het en ongeveer `n hoogte van twintig vaam (klafter)* gehad het. *(1 klafter = 1,8 meter: HAT, Perskor, 1994, bl.1142.)
[7] Die drie priesters het hulle na buite sien gaan en gemeen, dat die gode hulleself vir hierdie nag miskien na die Olympus sou begewe, om daar met alle gode `n algemene beraad te hou.
[8] Hulle het daarom onmiddellik uit hulle vertrek gekom en baie heimlik en saggies Josef agterna gesluip.
[9] By die heuwel aangekom, het hulle onder `n digbeblaarde vyeboom geluister na wat die vermeende gode op die Olympus moontlik sou besluit.
[10] Maar wat was hulle verbasing groot, toe hulle die vermeende eersteklas gode baie groots en aangrypend God hoor aanbid en lofsange tot Hom hoor sing.
[11] In die besonder is hulle getref deur die volgende strofes uit `n psalm van Dawid**, wat soos volg lui: **(Psalm 90.)
[12] ”Heer God, U was vir ons `n toevlug van geslag tot geslag! Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, was U God van ewigheid tot ewigheid!
[13] U, wat die mense laat sterwe en sê: Kom terug, mensekinders!
[14] Want duisend jaar is in U oë soos die dag van gister as dit verby skiet, en soos `n nagwaak.
[15] U laat hulle wegspoel in `n rivier, en hulle is dan soos in `n slaap en soos die gras wat verwelk is,
[16] wat vroeg bloei en spoedig verwelk en in die aand word dit gemaai en dan verdor dit.
[17] Dit doen U toorn, dat ons aldus vergaan in U gramskap, wat ons so plotseling moes verdelg!
[18] Want ons misdade stel U voor U en ons verborge sonde in die lig voor U aangesig!
[19] Daarom gaan al ons dae verby deur U toorn en ons bring ons jare om as ydel gedagtes.
[20] Ons lewe duur ongeveer sewentig jaar, en as dit meer word, is dit tagtig, en as dit voortreflik was is dit vol moeite en verdriet want dit gaan vinnig verby asof ons daarheen vlieg.
[21] Wie glo egter, dat U so erg vertoornd is en wie vrees U gramskap?
[22] Leer ons egter om daaraan te dink, dat ons moet sterwe, sodat ons verstandig kan word!
[23] Heer, keer U tog weer tot ons en wees U knegte genadig!
[24] Vervul ons in die oggend met U barmhartigheid, dan sal ons U roem en vrolik wees ons lewe lank!
[25] Gee ons nou weer vreugde, nadat U ons lank gekwel het en ons solank in teëspoed geknel was!
[26] Toon U knegte U werk en U eer aan U kinders!
[27] En U, Heer, wees ons goedgunstig en steun die werk van ons hande; ja wil U die werk van ons hande bevorder!”
[28] Toe die drie hierdie gesang duidelik gehoor het, het hulle dadelik weer na hulle kamer teruggegaan.
[29] En een van hulle het aan die ander twee gesê: ”Voorwaar, dit kan geen gode wees wat so tot `n God bid en selfs die toorn en gramskap oor hulleself erken nie!”
[30] En `n ander het gesê: “Dit sou nog die minste wees; maar dat hierdie gebed juis ons betref, daar kan ons nie bykom* nie! * (Letterlik: Daar lê die monster begrawe.)
[31] Wees daarom nou stil; die biddendes kom terug! Môre sal ons dit wat ons aangehoor het, saam dieper ondersoek; laat ons nou stil wees, want hulle kom nader!”
|
|
|
|
|