Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 193

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius in die ministerskuiltjie - Die ontevredenheid van die meisie - Die doeltreffende intimidasiemiddel van die 'koning' -Die muiswonder

(26 Mrt 1844)

193 Cirénius moes weer eerste gooi en sy albaster het nou in die negende kuiltjie gekom, sodat sy kinders gesê het: 

[2] “Vader Cirénius, dit is mos vooruitgang: Van kind na minister en dit by die eerste werp! 

[3] As u nog eenkeer mag gooi, dan sou u sekerlik wel in die koningskuiltjie kon kom!” 

[4] En Cirénius het gesê: “My kinders, ek is alreeds tevrede met hierdie waardigheid; neem julle dus maar die albasters en gooi! 

[5] Sorg dat julle werklik baie dikwels in die kinderkuiltjie kom, want daarin sal julle in wese eintlik op die beste plek vir julle wees!” 

[6] Toe het Sixtus dadelik `n albaster gegooi en in die kinderkuiltjie gekom en hy was baie verheug daaroor. 

[7] Daarna het die oudste meisie haar albaster gegooi en sy het opnuut in die tweede moederkuiltjie gekom. 

[8] Weer het die meisie gekla en gesê: “Ag, ek moet dus al weer die moeder wees!” 

[9] Die Kindjie het daarnatoe gegaan, die albaster uit die kuiltjie geneem, dit weer in die hand van die meisie geplaas en gesê: 

[10] “Hier, gooi nog `n keer, ontevrede kind; maar sien toe dat jy nie weer die plek van die moeder kry nie!” 

[11] En die meisie het opnuut gegooi en weer in dieselfde kuiltjie gekom en het van ergernis letterlik begin om te huil. 

[12] Die Kindjie het weer na die meisie toe gegaan en gesê: “O jou heerssugtige wese! Werklik, in jou verloën die oervroulike natuur sigself nie! 

[13] Wat moet Ek met jou doen, jou slangnatuur, jou leeuklou? 

[14] Laat vinnig `n muis hierheen kom, dit moet jou regtig pla, dan sal jy wel anders teenoor My word!” 

[15] Nou het die meisie dadelik op haar knieë voor die Kindjie neergeval en huilend gesê: 

[16] “My liefste Jesus, ek smeek Jou, asseblief geen muis of rot nie, want daarvoor is ek verskriklik bang! 

[17] Ek wil eerder duisendmaal liewer moeder wees as om net `n enkele muis te sien!” 

[18] Die Kindjie het gesê: “Hierdie keer sal Ek jou nog met die muis ontsien; 

[19] maar as jy nog `n keer kla, dan sal daar tien muise tegelyk op jou afkom en aan jou voete snuffel!” 

[20] Toe het die meisie muisstil geword en baie geduldig toegekyk hoe die ander kinders alle ander kuiltjies beset het, 

[21] en haar nie vererg nie, toe selfs `n tweede meisie in die vaderkuiltjie gekom het, terwyl dit andersins altyd vir haar die ergste was as daar nie `n jong seun daarheen gekom het nie! 

[22] Ten slotte het die Kindjie weer gegooi en alweer in die koningskuiltjie gekom. 

[23] Toe het die meisie van heimlike ergernis op die lippe gebyt. 

[24] En die Kindjie het geglimlag, `n takkie geneem en daarmee alle albasters aangeraak, daarna oor die kuiltjies geblaas en op dieselfde oomblik het daar in plaas van die albasters springlewendige muise binne-in die kuiltjies gesit. 

[25] Toe die meisie hierdie diertjies gesien het, het sy vreeslik begin skreeu en te krys en loop weg. 

[26] Nou het Josef na buite gekom en gevra: “Wat het Jy nou weer met die meisie gedoen, my liewe Jesus, dat sy so vreeslik skreeu?” 

[27] En die Kindjie het geantwoord: “Sy is soos altyd, jaloers; daarom het Ek weer `n paar muise na haar toe gestuur!” 

[28] Josef het nou geglimlag en gegaan om die meisie weer te kalmeer; die ander kinders het hulle spel nou rustig voortgesit, want hulle het niks van die verskriklike muise gesien nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205