Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 252

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die middagete van visse en heuningkoeke met suurlemoensap - Die moedswillige diefstal van die huisraad en die bordjie van die Kindjie - `n Evangelie aan misdadigers - uit die mond van Jesus - Onverbiddelikheid van die Kindjie teen bose kwaadwilligheid

(13 Julie 1844)

252 Binne `n uur was daar `n goeie middagete voorberei, wat uit vyf goed voorbereide visse en veertien heuningkoeke bestaan het; 

[2] want heuning was die enigste in die voorraadkamer, wat deur die diewe ontsien was. 

[3] Daar word ook gesorg vir `n goeie drank, wat Josef en Maria self van water en suurlemoensap met byvoeging van `n bietjie heuning gemaak het. 

[4] Eers toe die maaltyd klaar voorberei en op tafel gesit was, het Josef se seuns aan tafelgerei soos lepels, vurke en messe gedink, wat in Josef se huis weliswaar hoofsaaklik van hout was. 

[5] Maar ook hierdie waardelose gerei is nie deur die diewe ontsien nie! 

[6] En so het Josef nou wel die ete op tafel gehad, maar daarby geen eetgerei, selfs nie die allernodigste nie. 

[7] Josef het hierop na die kombuis gegaan en sy seuns gevra, wat dit nou vir `n manier van tafeldek sou wees; 

[8] hoe `n mens tog spyse kon opdien sonder om eetgerei daarby te gee! 

[9] Maar die seuns het gesê: “Vader, kyk eers hier: `n rooster en twee potte en `n enkele uiters slegte kooklepel, `n mes en `n houtvurk het hulle ons gelaat, 

[10] al die ander het hulle van ons afgeneem; ons moes dus ook die melk nou in `n enkele melkkan laat staan, omdat ook alle ander melkkanne verdwyn het!”

[11] Nadat Josef hom van dit alles oortuig het, het hy met die enigste kooklepel, en met die een mes en met die een vurk na die eetkamer gegaan en aan Jonathan gesê: 

[12] “Hier, broer! Kyk, dit is nou ons hele eetgerei! Werklik, dit is moedswillig en behoort bestraf te word! 

[13] Diefstal van waardevolle dinge en diefstal uit nood laat ek my geval! 

[14] Maar by hierdie diefstal is die een, nòg die ander die geval, 

[15] maar daar straal strafbare moedswilligheid daaruit en dit behoort ook die Heer nie ongestraf te laat gaan nie!” 

[16] Na hierdie beredenering het almal aan tafel gaan sit en Josef het die vis met die een mes verdeel en met die een vurk vir elkeen `n deel opgedien en so-ook die heuningkoeke verdeel. 

[17] Maar omdat die Kindjie sy bordjie nie voor Hom gehad het nie, het Hy aan Josef gevra of die bordjie dalk ook gesteel was. 

[18] En Maria het gesê: “Beslis, my allerliefste Seuntjie van God, want andersins sou dit sekerlik wel voor Jou gestaan het!” 

[19] Daarop het die Kindjie gesê: “Waarlik, Josef het gelyk: Dit was kwaadwilligheid en dit moet ook altyd en ewig gestraf word! 

[20] Wie kwaad doen sonder om dit te weet, moet onderrig word; en ook wie dit in die nood doen! 

[21] Wie egter die goeie ken, maar uit pure sataniese moedswilligheid die bose doen, is `n duiwel uit die fondament van die hel en moet met vuur getugtig word!” 

[22] Daarna elkeen sy deel met die hand geëet. 

[23] Maar nog maar nouliks was hulle klaar met eet, of hulle het buite `n ontsettende gehuil gehoor. 

[24] Wat was dit dan? Dit was die diewe wat moedswillig die noodsaaklike huisraad van Josef gesteel het om dit te vernietig. 

[25] Elkeen van hulle was omstrengel deur `n gloeiende slang en het om hulp geskreeu; maar die Kindjie het hulle nie verhoor nie, maar hulle deur Sy almag almal die see ingedryf, byna honderd in getal, waar hulle almal omgekom het. Dit was die enigste keer dat die Kindjie Homself onverbiddelik getoon het .


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205