Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 262

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Salóme dra die huis en hof in uitstekende staat aan Josef oor - Josef in verleentheid - Nederigheid en liefde van Salóme - `n Heerlike getuienis oor die Heer - `n Woord van die Heer oor die liefde

(25 Julie 1844)

262 Die dienspersoneel van Salóme en die gevolg van Cornelius, en Salóme en Cornelius self, het gehelp met die oorbring van al Josef se bagasie. 

[2] Daarna het Salóme die geselskap in die goed ingerigte kamers van die woonhuis ingelei. 

[3] En Josef het hom, baie verwonder oor die groot netheid wat in sy huis teweeggebring is. 

[4] Alle beddens was nuut en die oues gereinig; so was ook die stal was so doelmatig moontlik ingerig. 

[5] Josef is deur alles oortuig hoe Salóme voortreflik vir hom gesorg het. 

[6] Hy het aan Salóme gevra: “O liewe vriendin, jy sien tog, dat ek arm is en nie in die besit is van enige vermoë nie! Hoe sal ek jou dit ooit kan vergoed?” 

[7] Toe Salóme hierdie vraag van Josef gehoor het, het sy wenend gesê: 

[8] “O my mees verhewe vriend! Wat het ek nou op hierdie wêreld, wat ek nie ontvang het van Hom wat nou op die arm van sy tere moeder rus nie? 

[9] Ek het dit tog ewig waarlik ontvang van Hom, wat so eindeloos wonderbaarlik by u aanwesig is, hoe sou ek dit dan myne kan noem, wat van ewigheid van Hom was, wat by u is? 

[10] O, die Heer, die Heilige van ewigheid af, het immers nie in die vreemde na ons arme sondaars gekom nie, 

[11] maar Hy het immers in Sy ewige eiendom gekom; daarom kan ons niks aan Hom gee asof ons iets sou hê nie: 

[12] maar ons gee aan Hom alleen maar net wat Syne is in die krag wat Hy aan ons gegee het. 

[13] Sodoende is elke melding van skuld aan my van u, vir altyd ongeldig, want ek is alreeds deur die barmhartigheid van hierdie eindelose, hoogste roeping om vir u te sorg, vir alle ewighede beloon 

[14] en dit des te meer, omdat ek baie diep binne-in my lewe voel, dat ek vir hierdie heilige roeping sekerlik die onwaardigste is!” 

[15] Nou kon Salóme nie verder praat nie; sy het daarom geswyg en van liefde en geluksaligheid geween. 

[16] Die Kindjie het nou wakker geword en was lewendig en opgeruimd. 

[17] Toe Hy so heel opgewek op Maria se skoot regop gaan sit het, het Hy baie liefdevol na Salóme en na Cornelius gekyk en gesê: 

[18] “O Salóme en jy ook, My Cornelius! Kyk, Ek het geslaap, maar julle groot liefde het My wakker gemaak! 

[19] Waarlik, dit is soet en aangenaam; so moet dit vir ewig bly! 

[20] Van nou af aan sal Ek vir elkeen in My oerwese slaap, maar wie na My sal kom met `n liefde soos julle liefde, sal My vir ewig vir homself wakker maak! 

[21] Gaan nou rus, Salóme; maar bring vir My môre `n goeie ontbyt!” 

[22] Salóme was uiters opgewonde daaroor dat sy die Heer vir die eerste keer so hoor praat het. Elkeen het God geloof en geprys en gaan daarop ter ruste.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205