Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 214

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef dra `n kruis - Die Evangelie van die Kindjie oor die kruis

(24 Mei 1844)

214 Na hierdie hemelse maaltyd op die klein bergie het Josef aan die Kindjie gesê: 

[2] “My Heer en my God! Ek, arme ou grysaard, smeek Jou om my te vergewe, as ek Jou tog sekerlik beledig het en keer weer met my terug na die huis! 

[3] Want sonder Jou kan ek nou nie meer teruggaan nie; want as ek sonder Jou terugkeer, dan sal hulle almal baie bitter teenoor my wees en my met harde woorde straf!” 

[4] En die Kindjie het gesê: “Ja, ja, Ek gaan wel met jou saam, want Ek gaan hier geen woonplek stig om daar te bly nie! 

[5] Maar een ding verlang Ek van jou en dit bestaan wel daaruit, dat jy hierdie tafel van My op jou skouers neem, en dit vir My na die huis dra. 

[6] Vir die gewig daarvan hoef jy nie bang te wees nie, want dit sal jou wel ietwat druk, maar sal jou nie buig nie en nog minder verswak!” 

[7] Op hierdie woorde het Josef die mooi kruis opgeneem en Jakob het die oorblywende gedeelte van die maaltyd gedra en met die Kindjie tussen hulle het hulle die terugweg begin. 

[8] Na `n rukkie het Josef aan die Kindjie gesê: “Luister eers, my liewe Jesus, die kruis is tog wel werklik swaar! Kan ons dan nie `n bietjie rus nie?” 

[9] Die Kindjie het gesê: “As timmerman het jy wel groter laste gedra, wat Ek jou nie opgelê het nie; 

[10] en kyk, toe wou jy jou geen rus gun voordat jy jou vrag op die plek van bestemming gebring het nie! 

[11] Nou dra jy vir die eerste keer net `n klein las vir My, en alreeds na `n duisend treë `n ruspouse neem? 

[12] O Josef, dra, dra My ligte las sonder om te rus, dan sal jy eens in My ryk jou regmatige loon ontvang! 

[13] Kyk, deur hierdie kruis word jy van My las bewus en dit sal jou deur sy geringe druk sê, wat Ek op hierdie wêreld vir jou is! 

[14] Maar as jy hierdie wêreld in My arms sal verlaat, dan sal die kruis vir jou tot `n vurige wa van EliJaH word, waarin jy dan allergeluksalig voor My omhoog sal vaar!” 

[15] Na hierdie woorde het die bejaarde Josef die taamlike swaar kruis gekus en hy het dit sonder om te rus verder gedra; 

[16] en dit het hom nie meer so swaar voorgekom nie, sodat hy dit dan heel maklik tot by die villa gebring het. 

[17] Tuis het elkeen in die grootste afwagting angstig gewag, van welke kant Josef dalk met die Kindjie en met Jakob sou terugkom. 

[18] Maar toe Maria, Cirénius en die ander die drietal uiteindelik in die oog gekry het, was hulle buite hulself van vreugde! 

[19] Almal het hulle met oop arms tegemoetgeloop en Maria het onmiddellik die Kindjie geneem en Hom met krampagtige liefde geliefkoos. 

[20] Maar Cirénius het hom oor Josef verwonder, omdat Josef `n galg as die simbool van die hoogste skande en smaad op sy skouers na die huis wou gesleep het. 

[21] Die Kindjie het Hom op die arms van Sy moeder opgerig en aan Cirénius gesê: 

[22] “Waarlik, waarlik, hierdie teken van die grootste smaad sal `n teken van die hoogste eer word! 

[23] As jy dit nie vir My sal dra nie, soos Josef dit nou dra, dan sal jy eendag nie in My Ryk kom nie!” Hierdie woorde het Cirénius laat swyg en hy het toe geen vraag meer oor Josef se las gestel nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205