Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

DIE HEILIGE FAMILIE IN OSTRASINE

Die uitwerking van die barmhartige seën op Cirénius – Josef se nederige bekentenis oor homself en die goeie raad aan Cirénius - Die aankoms in Ostrasine (Egipte)

(11 Okt. 1843)

42 Ook Cirénius is vervul met `n groot gevoel van saligheid, sodat hy gesê het: ”Luister, agtenswaardige man, ek beleef nou dieselfde as wat ek ervaar het, toe ek die Kindjie in my arms gehou het. 

[2] Is jy net so geaard soos Hy? Hoe kom dit anders, dat ek nou dieselfde seën ervaar?” 

[3] Maar Josef het gesê: ”Edele vriend, nie van my, maar alleenlik van die Heer van hemel en aarde gaan so `n krag uit! 

[4] Alleen by `n geleentheid soos hierdie stroom dit deur my heen, om dan seënend na u oor te vloei; maar so `n krag het ek ewiglik nie vanuit myself nie, want God alleen is alles in alles! 

[5] Eer in u hart steeds hierdie Een, alleen ware God, so sal die volheid van Sy seën nooit van u wyk nie!” 

[6] Verder het Josef gesê: ”En nou vriend, het ons met die Almagtige hulp van die Heer hierdie oewer bereik, maar ons is, soos dit vir my voorkom, nog lank nie in Ostrasine nie! 

[7] Welke kant lê dit, sodat ons daarheen kan gaan? Want kyk, die dag loop ten einde! Wat sal ons doen? Sal ons verder trek of hier bly tot môre?”' 

[8] Cirénius het geantwoord: ”Ons is by die ingang van die groot baai, in die binneste hoek aan ons regterkant is Ostrasine, `n ryk handelstad! 

[9] In ongeveer drie uur sal ons dit kan bereik; maar as ons daar in die nag aankom, sal ons moeilik onderdak vind! Daarom lyk dit my verstandiger om vandag hier op die skip te oornag en môre daarheen te gaan.” 

[10] Maar Josef het gesê: ”O vriend, as dit maar drie uur van hier is, moet ons nie hier oornag nie! U skip kan wel hier bly, sodat u geen opsien in hierdie stad nie veroorsaak nie - en ek sal so in die geheim op my plek van bestemming kom! 

[11] Want as die Romeinse garnisoen daar die skip van `n Romeinse landvoog ontdek, sou hulle u met groot eer moet ontvang, 

[12] en ek sou dan ‘nolens volens’* met u en vriende moet deel in die eerbetoon, wat vir my werklik uitermate onaangenaam sou wees. *('of ek wil of nie')  

[13] Dit lyk my daarom baie wenslik, dat ons dadelik verder op reis moet gaan! Want kyk, my lasdiere is nou voldoende uitgerus en kan ons baie maklik in `n kort tydjie na Ostrasine bring! My seuns is sterk en goed op hul voete en kan te voet gaan en u maak met die nodige dienaars gebruik van hierdie vyf lasdiere en so lê ons maklik die weg af na die stad wat nie meer so verafgeleë is nie!” 

[15] Cirénius het in die raad van Josef ingewillig en dra die skip oor aan die troue sorg van die skeepsliede, en het vier dienaars met hom saamgeneem, bestyg van Josef se lasdiere en het daarop dadelik met Josef na die stad getrek. 

[16] Binne twee uur het hulle dit bereik. Toe hulle die stad egter binnegetrek het, is hulle deur die poortwagter na hulle vry geleidingsbriewe gevra. 

[17] Cirénius het homself nou aan die wagkommandant bekendgemaak; wat hom dadelik deur die soldate laat begroet het en het toe dadelik reëlings getref vir die huisvesting in die stad. 

[18] So is ons reisgeselskap sonder die geringste moeilikheid dadelik goed in hierdie stad ontvang en op die gunstigste wyse moontlik gehuisves.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205