|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 66
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Die storm word nog erger - Die slapende Kindjie - Cirénius word bang - Die troostende woorde van die Kindjie - `n Evangelie van die natuur en van JaHWeH se vertroue
(11 Nov 1843)
66 Toe Cirénius weer heeltemal tot verhaal gekom het, het hy na die wieg gegaan en na die Kind gekyk, sy hart vol verhewe gedagtes.
[2] Die Kindjie het egter baie rustig geslaap en die ontsettende gewoed van die storm het Hom nie in Sy slaap gesteur nie.
[3] Die orkaan het egter binne `n kort tydjie so hewig aan die gebou begin ruk dat Cirénius gevrees het dat dit sou instort.
[4] Hy het daarom aan Josef gesê: ”Verhewe vriend! Ek glo, dat ons vanweë die steeds toenemende geweld van die storm die gebou tog maar liewers moet verlaat.
[5] Want hoe stewig hierdie gebou ook al is, `n geweldige windvlaag kan dit maklik opneem en ons almal onder die puin begrawe!
[6] Laat ons daarom liewers betyds vlug, omdat ons tog nie seker daarvan kan wees, dat hier nie ook so-iets sou kon gebeur soos in die stad nie!”
[7] Nou het die Kindjie plotseling weer Sy hemelse Goddelike oë weer oopgemaak. Hy het Cirénius dadelik herken en baie duidelik met hom gepraat:
[8] ”Cirénius, as jy by My is, hoef jy nie vir hierdie storm bang te wees nie;
[9] want ook die storm lê, soos die hele wêreld, in die hand van jou God!
[10] Storms moet daar wees om die uitgebroeide boosheid van die hel te verdryf!
[11] Maar hulle wat rondom My is, kan hulle nimmer te na kom nie; want ook die storms ken hulle Heer en doen nie planloos hulle werk nie.
[12] Want Hy, wat uiters liefdevol, wys en almagtig is, hou hulle teuels in Sy hand!
[13] Wees daarom hier by My nie bang nie, My Cirénius en wees daarvan verseker, dat hier van niemand ook maar `n haar gekrom sal word nie!
[14] Want hierdie storms weet presies, Wie hier tuis is.
[15] Kyk, die mense het vanaand tog selfs aan jou, wat tog maar net `n mens is, `n vurige eerbetoon gebring!
[16] Hier eer die storms Iemand, wat meer is as maar net `n mens! Vind jy dit `n onredelik?
[17] Kyk, dit is `n loflied van die natuur, wat haar Heer en Skepper prys! Is dit nie reg so nie?
[18] O Cirénius, die lug wat na jou toe waai, verstaan ook Hom, wat hom geskape het, daarom kan hy Hom ook prys!”
[19] Hierdie woorde van die Kindjie, wat daarna weer dadelik ingesluimer het, het almal stil laat word! Cirénius het by die wieg neergekniel en in die stilligheid die Kindjie aanbid.
|
|
|
|
|