Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Werk van barmhartigheid - Die intelligente storm - Die korrekte vermoedens van Cirénius - Die besoek aan die hawe

(27 Nov 1843)

78 Daarna is daar verder gegrawe en Cirénius het die bevel uitgevaardig dat alle lyke wat nie te veel vermink was nie, met hulle gesigte na die grond op `n bepaalde plek, wat met matte bedek was, neergelê moes word; 

[2] alleenlik die erg verminktes moes dadelik op die gebruiklike wyse op die algemene begraafplaas verbrand word of agt voet diep begrawe word. 

[3] Met die minder verminktes moes soortgelyke opwekkingspogings gedoen word soos met die sewe. 

[4] Wie daar weer tot lewe kom, moes dadelik na die herberg na die sewe ander gebring word! 

[5] Nadat die bevel gegee is, het Cirénius met sy geselskap vandaar vertrek om nog ander dele van die stad in oënskou te neem. 

[6] Tot sy groot verbasing het hy egter gevind dat daar nêrens `n burgerlike woonhuis beskadig was nie; 

[7] wel was daar nêrens meer `n afgodstempel te vind wat nie in puin gelê het nie, op één kleintjie na- die wat afgeslote was met `n opskrif wat sê: “Aan die onbekende God!”. 

[8] Nadat die geselskap, begelei deur `n groot menigte van die volk, wat aldus deur die grootste deel van die nie te onbelangrike stad van tagtigduisend inwoners gewandel het, het Cirénius Josef na hom toe geroep en aan hom gesê: 

[9] “Luister, my allerverhewenste vriend en broer, heimlik moet ek letterlik oor die merkwaardige uitwerking sowel van die aardbewing as van die storm lag! 

[10] Want kyk nou eers! Langs hierdie steeg voor ons staan `n huis van `n ellendige konstruksie: droë stene, sonder sement – boonop nog taamlik asimmetries - tot `n muur opmekaar gestapel, 

[11] Jy sou dink dat dit nouliks stewig genoeg is om die trilling van die hoefslag van `n enigsins swaar perd te weerstaan! 

[12] Maar kyk, hierdie ware miernesgebou is onbeskadig! Dit is nie eers in die geringste beskadig nie, 

[13] terwyl in die midde van hierdie huise van vandag tot môre, die tempels wat vir duisende jare gebou is, deur die bank almal in die smadelikste puinhope verander is! 

[14] Wat dink jy van hierdie hoogs merkwaardige verskynsel? Is dit hier duidelik dat sowel die aardbewing en die storm baie intelligent te werk moes gegaan het nie?! 

[15] Voorwaar, ek moet dit jou tot my groot vreugde beken en sê: 

[16] As jou Seuntjie hier nie in geselskap van die storm met Sy almagtige vingers `n bietjie tussen die tempels rondgespeel het nie, dan wil ek nie 'Cirénius' heet nie!” 

[17] Maar Josef het gesê: ”Hou dit heeltemal alleen vir jouself wat jy glo en praat met niemand daaroor nie - want daar sal dit seker so wees! 

[18] Maar laat ons nou na die hawe gaan om te sien of daar nie werk vir my te doen is nie!” En Cirénius het dadelik die raad van Josef gevolg en na die oewer van die see gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205