Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Wonderlike ontvangs van Maria by Elisabeth – Nederigheid en wysheid van Maria - `n evangelie vir vroue - Maria se terugkeer na Josef

(Lukas. 1:40).

6 By die huis van Elisabeth aangekom, het Maria dadelik bedeesd aan die deur geklop, soos by die Judeërs gebruiklik was. (Lukas. 1:40)  

[2] Maar toe Elisabeth die bedeesde geklop gehoor het, het sy gedink: ”Wie klop daar nou so buitengewoon sag? 

[3] 'Dit sal wel `n kind van die bure wees, want my man kan dit nie wees nie, hy wag nog in die tempel op die verlossing van sy stomheid! 

[4] My werk hier is belangrik; moet ek dit nou onderbreek terwille van `n ondeunde buurkind? 

[5] Nee, dit doen ek nie! Dit is werk vir die tempel en dit is belangriker as die onhebbelikheid van `n kind, wat weer niks anders wil doen om my, soos gewoonlik, vir die gek te hou en uit te lag nie! 

[6] Daarom bly ek maar fyn by my werk en laat die kind maar klop!” (Lukas. 1:41-45).  

[7] Maar Maria het nog `n keer geklop en die kindjie in Elisabeth se skoot begin te spring van vreugde en sy moeder het `n sagte stem vanuit die streek waar die kindjie gespring het gehoor en die stem het gesê: 

[8] ”Moeder, gaan vinnig, want dit is die moeder van my en u Heer, van my en u God, wat daar aan die deur klop en u in vrede besoek!” 

[9] Toe Elisabeth dit gehoor het, het sy dadelik alles neergewerp wat sy in haar hande gehad het en na die deur gehardloop om dit vir Maria oop te maak, 

[10] en het aan haar, soos gebruiklik, dadelik haar seën gegee en haar met ope arms ontvang met die woorde: (Lukas. 1:42).  

[11] “O Maria, geseënde onder die vroue, jy is geseënd onder alle vroue en geseënd is die vrug van jou skoot! (Lukas. 1:42; 43).  

[12] O Maria, reinste maagd van God, hoe verdien ek hierdie groot barmhartigheid, dat die moeder van my Heer en my God my besoek?!' 

[13] Maria, wat niks verstaan het van al die geheimsinnige woorde nie, het aan Elisabeth gesê: 

[14] ”Ag, liewe niggie, ek kom maar net `n vriendskaplike besoek aan jou bring! Wat sê jy tog dan dinge oor my, wat ek nie verstaan nie? Is ek dan werklik al swanger, dat jy my moeder noem?” (Lukas. 1:44).  

[15] Elisabeth het Maria geantwoord: “Kyk, toe jy vir die tweede maal geklop het, het die kindjie wat ek onder my hart dra van vreugde begin spring en hy het my dit alles vertel en hy het jou al by voorbaat in my skoot begroet!” (Lukas. 1:45); (Lukas. 1:46-55).  

[16] Maria het opgekyk na die hemel en gedink aan wat die aartsengel Gabriël aan haar gesê het, hoewel sy van dit alles nog niks verstaan het nie. Sy het gesê: 

[17] ”O grote God van Abraham, Isak en Jakob, wat het U tog aan my gedoen? Wie is ek dan, dat alle geslagte van die aarde my salig sal prys?”  

[18] Maar Elisabeth het gesê: ”Maria, uitverkorene van God, kom in my huis en neem iets ter versterking, dan kan ons daarna verder praat en saam God loof en prys met ons hele hart!” 

[19] Maria het dadelik met Elisabeth na binne gevolg, geëet en gedrink om haarself te versterk en het toe baie opgeruimd gevoel. 

[20] Elisabeth het Maria oor alles uitgevra wat sy in die tempel meegemaak het as pleegkind van die Heer, hoe en wat alles haar oorgekom het. 

[21] Maar Maria het gesê: 'Dierbare niggie, ook jy is deur die Heer besonder geseën! Hierdie dinge is te hoog vir ons en ons vroue doen daar nie verstandig aan om oor sake te praat wat deur God voorbehou word aan slegs die seuns van Aäron nie!

[22] Daarom is ek van mening, dat ons vroue die Goddelike dinge moet oorlaat aan God en aan diegene wat Hy daartoe aangestel het; ons moet nie daaroor nadink of ons daaroor bekommer nie. 

[23] As ons God maar bo alles liefhet en ons aan Sy heilige gebooie hou, dan lewe ons geheel volgens ons stand; wat meer is as dit, behoort tot die verantwoordelikheid van die mans wat die Heer daartoe geroep en uitverkies het! 

[24] Ek dink, liewe niggie, dat dit so goed is; laat my dus nie oor die tempel praat nie, want dit word daardeur nie beter of slegter nie! Sodra die Heer dit nodig ag, sal Hy die tempel sekerlik tugtig en verander op die regte tyd.” 

[25] Elisabeth het in hierdie woorde die diepe nederigheid en beskeidenheid van Maria herken en sy het aan haar gesê: 

[26] ”Ja, jy is werklik vervul met JaHWeH se barmhartigheid! Met sulke gesindhede moet mens wel JaHWeH se hoogste barmhartigheid vind! 

[27] Want soos jy praat, kan alleen die suiwerste onskuld praat en wie daarvolgens leef, leef beslis geregverdig voor God en voor die wêreld!' 

[28] Maria antwoord: “Wanneer ons op die korrekte wyse lewe, is dit nie ons verdienste nie, maar dié van die Heer en dit is barmhartigheid! 

[29] Wie meen om in geregtigheid te lewe uit homself, leef sekerlik allermins regverdig voor God; maar wie steeds sy skuld teenoor God beken, leef regverdig voor God! 

[30] Maar hoe ekself leef, weet ek nie! My lewe is suiwer barmhartigheid van die Heer, daarom kan ek ook nie anders as om die Heer voortdurend lief te hê, te loof en te prys met al my kragte! Is jou lewe soos myne, doen dan net so; want die Heer sal daaraan meer welgevalle hê as wanneer ons met mekaar oor die toestande in die tempel sou praat!” 

[31] Elisabeth het baie goed bemerk dat daar `n Goddelike gees van Maria uitstraal; sy het daarom opgehou om vrae oor die tempel te stel en het haarself oorgegee aan JaHWeH se wil terwyl sy Hom geloof en geprys het. 

[32] Aldus het Maria nog drie volle maande by Elisabeth gebly en het haar gedienstig met alle huishoudelike werksaamhede gehelp. 

[33] Intussen het Josef ook sy bouwerk voltooi en het met sy seuns na die huis teruggekeer, waar hy nou sy klein stukkie grond, wat hy weliswaar net gehuur het, bewerk het. 

[34] Maar op `n aand het Josef aan sy oudste seun gesê: ”Joël, maak vir môreoggend my lasdier gereed om te ry, want ek moet Maria gaan haal. 

[35] Die meisie is nou al byna drie maande van die huis af weg en ek weet nie hoe dit met haar gaan nie! 

[36] Al is sy ook by die vrou van die hoëpriester wat stom geword het, kan `n mens nooit weet of die huis gevrywaar is van alle versoekinge van hom, wat Eva verlei het nie! (Lukas. 1:22).  

[37] Ek wil dus môre daarheen gaan en die meisie terugbring, sodat daar nie mettertyd die seuns van Israel van my kwaad sal praat nie en die Heer my sal tugtig, omdat ek nie goed genoeg vir haar gesorg het nie.' 

[38] Joël het gegaan en gedoen wat Josef aan hom opgedra het, maar nouliks was hy daar mee klaar, of Maria staan al voor die deur, groet Josef en vra hom of sy weer in sy huis opgeneem mag word. 

[39] Josef, volkome verras deur die verskyning van Maria, het dadelik aan haar gevra: ”Is dit werklik jy, ontroue huisgenoot?!” 

[40] Maria het gesê: ”Ja, dit is ek; - maar ontrou is ek nie, want graag wou ek lankal weer teruggewees het, maar ek durf nie alleen oor daardie bosryke gebergte gaan nie - en u stuur ook niemand om my te kom haal nie! Ek moes dus wel so lank wegbly! 

[41] Maar daar kom drie Leviete by die vrou van Sagaria op besoek en hulle het my, toe hulle na Jerusalem teruggaan, saamgeneem. Hulle bring my tot aan die grens van u grond, seën my en u gesin en gaan toe verder hulle weg en ek gaan vinnig na u terug, My liewe vader Josef.” 

[42] Hoewel Josef graag ietwat met Maria wou geraas het vanweë die lang wegbly, kon hy dit tog nie oor sy hart kry nie; want ten eerste het Maria se stem sy edele hart te veel ontroer en ten tweede het hy homself skuldig gevoel, omdat hy Maria nie vroeër deur `n boodskapper laat haal het nie! 

[43] Hy laat die meisie dus na homself kom om haar te seën en die meisie spring na Josef en liefkoos hom, soos onskuldige kinders dit gewoonlik met hulle ouers en ander weldoeners gewoonlik doen. 

[44] Dit het Josef hewig ontroer en van diepe vreugde vervul sê hy: “Kyk, ek is `n arm man en al bejaard, maar jou kinderlike liefde maak dat ek my armoede en ouderdom vergeet! Die Heer het jou aan my gegee om my daarmee groot vreugde te besorg; daarom wil ek ook met vreugde gaan werk om aan jou, my kindjie, `n goeie stuk brood te gee!” 

[45] By hierdie woorde loop die trane oor die ou man se wange. Maar Maria droog dit behendig af en dank God, dat Hy haar so `n goeie pleegvader gegee het. 

[46] Op hierdie oomblik was dit vir Josef asof daar Psalms gesing word voor sy huis.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205