Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 269

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

WONDERWERKE VAN DIE SEUN JESUS IN NASARET

Die bewe van die aarde onder die voete van Jesus beangstig Josef en Maria – Vlugtelinge wat uit die stad kom, waarsku Josef om nie verder te gaan nie - Deur Jakob gerusgestel trek Josef onbevrees na die stad

(02 Aug 1844)

269 Toe Josef hom daarop met sy mense op weg begewe het en die Kindjie tussen Josef en Maria geloop het, het die hele geselskap met elke voetstap van die Kindjie `n duidelik merkbare aardskok gevoel. 

[2] Ook Josef het hierdie fenomeen (wonder) soms goed merkbaar ervaar en hy het aan Maria gesê: 

[3] “Vrou, merk jy nie hoe die aardbodem wankel en bewe nie?” 

[4] En Maria het gesê: “O, dit voel ek baie sterk; 

[5] as ons onderweg, of in die stad net nie deur so `n enorme onweer oorval word, wat na `n aardbewing so dikwels gebeur nie! 

[6] Kyk, die aardbewing duur voort, dit het ek nog nooit beleef nie! 

[7] O, daar sal alte sekerlik `n ontsettende storm daarop volg!” 

[8] En Josef het gesê: “Weliswaar sien ek nog nêrens `n wolkie aan die hemel nie, 

[9] maar nogtans sou jy tog baie goed gelyk kon hê. 

[10] As hierdie aardbewing nie gou ophou nie, is dit nie eers veilig om in die stad in te gaan nie.” 

[11] Toe die gesin egter so nader aan die stad gekom het, het baie vlugtelinge vanuit die stad hulle alreeds tegemoetgekom, wat hulle daarteen gewaarsku het om in die stad in te gaan. 

[12] Want hulle het gesê: “Vriende, waar julle ookal vandaan mag kom, gaan tog net nie in die stad in nie! 

[13] Want nouliks `n halfuur gelede was daar `n hewige aardbewing, en `n mens is daar geen minuut veilig teen die instorting van die huise nie. 

[14] Selfs Josef het nou vlugtig getwyfel wat hy nou eintlik sou moes doen: Moes hy verder gaan of omdraai? 

[15] Maar Jakob het na Josef toe gegaan en heimlik aan hom gesê: 

[16] “Vader, u hoef nie bang te wees nie; hierdie aardbewing sal niemand ook maar die minste skade toebring nie, nòg in die stad nòg in die omgewing!” 

[17] Josef het nou dadelik verstaan waar die aardbewing vandaan gekom het. 

[18] Hy het daarom ook dadelik al sy mense aangemoedig om in die stad in te gaan. 

[19] Toe die mense wat uit die stad gevlug het, gesien het dat die ou grysaard nogtans in die stad ingegaan het, 

[20] het hulle by hulleself gesê: “Wie kan hierdie man dan wel wees, dat hy geen vrees het vir die aardbewing nie?” 

[21] Hulle het oor en weer geraai, maar niemand het hom herken nie. 

[22] Hulle wou egter ook weer in die stad ingaan, 

[23] maar omdat met die treë van die Kindjie die aarde weer begin bewe het, het hulle weer gevlug. Josef het egter sonder vrees met sy gesin in die stad ingegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205