Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 213

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef se seuns op soek na die Kindjie - Die geheime stem en haar vertroostende woorde aan Josef - Josef op `n goeie spoor - Die maaltyd aan die tafel van die Heer op die berg -Oor die egte gebed

(23 Mei 1844)

213 Omdat Josef toe bang geword het, het hy dadelik sy vier ouer seuns geroep en aan hulle gesê: 

[2] “Gaan julle en help my om die Kindjie en Jakob te soek, want ek het my aan die Kind versondig en dit maak my geweldig bang!” 

[ 3] En die vier seuns het daarop ylings na alle kante uitgegaan en die Kindjie ongeveer ` n uur lank gesoek, maar hulle het Hom nêrens gevind nie en het onverrigtersake na die huis teruggekom. 

[ 4] Toe Josef sien dat sy vier seuns alleen huis toe gekom het, het hy baie bang om die hart, sodat hy vervolgens werklik ver weg van die villa gestap het en daar werklik bitterlik gehuil het oor sy vermeende vergryp teen die Kind. 

[ 5] Maar toe hy so geween het, het hy ` n Stem gehoor, wat aan hom gesê het: 

[ 6] “ Josef, jou regverdige man, ween nie, en laat jou hart en gemoed nie deur die mense verontrus nie! 

[ 7] Want Ek, wie jy nou angstig en met ` n bang gemoed soek, is nader aan jou as wat jy dink. 

[ 8] Loop van jou aangesig vorentoe, dan sal jou oë Hom aanskou, wat nou met jou praat en wie jy soek!” 

[ 9] Op hierdie wonderlike woorde het Josef hom getroos opgerig en het vinnig voorwaarts in die rigting van sy aangesig gestap, ongeveer ` n halfuur lank. 

[ 10] So voortgaande het hy by ` n steil heuwel gekom, wat honderd en sewentig vaam ( klafter)* hoog was.(323 meter) * ( Klafter = vaam: 1 vaam = 1,8 m; HAT; Perskor, 1994, bl. 1142; d.w.s. 170 vaam ¡Ö 306 m) 

[ 11] Hy het nagedink en by homself gesê: “ Moet ek in hierdie groot hitte ook nog op hierdie heuwel opklim?” 

[ 12] En die Stem het weer gepraat: “ Ja, ook op hierdie heuwel moet jy opgaan, want eers op die hoogte daarvan sal jou oë die Heer aanskou, wat jy nie gesien het nie, toe Hy by jou aan tafel gesit het!” 

[13] Toe Josef dit verneem het, het hy nie meer op die groot hitte ag gegee nie en het vinnig die heuwel opgegaan. 

[14] En toe hy die kruin genader het, het hy gevind dat dit in ` n digte newel gehul was en hy het hom daaroor verwonder dat so ` n klein bergie in hierdie jaargety in newel gehul was, want dit was omstreeks die Paastyd.

[15] En sien, terwyl hy hom so gestaan en verbaas het, het Jakob en die Kindjie weldra uit die newel te voorskyn gekom en die Kindjie het gesê: 

[16] “Josef, wees nie bevrees nie, maar kom opgewek met My saam na die toppunt van die heuwel 

[17] en oortuig jouself daarvan, dat die tyd nou nog nie aangebreek het nie, waarin die Heer moet vas omdat Hy nie gebid het nie! 

[18] Daar sal wel `n tyd kom waarin die Heer sal vas, maar dit het nog nie aangebreek nie. Volg My dus!” 

[19] En Josef het die Kindjie gevolg en was al gou op die kruin. 

[20] Toe Hy op die kruin gekom het, het die newels gewyk en op `n mooi gepoleerde dwarsbalk van sederhout het daar `n gebraaide lam gelê, `n groot drinkbeker met `n voetstuk, vol met voortreflike wyn, en `n heerlike koringbrood van die beste kwaliteit. 

[21] Nou was Josef buite homself van verbasing en het gesê: “Maar waar het julle dit alles vandaan gehaal? Het die engele dit vir julle gebring, of het Jy, o Heer, dit alles geskape?” 

[22] En die Kindjie het na die son gekyk en gesê: “Josef, kyk, ook hierdie lamp van die aarde voed homself aan My tafel! 

[23] En Ek sê vir jou: dit het in `n uur meer nodig as die grootte van hierdie aarde wat jou dra, en kyk, hy het nog nooit honger en dors gely nie! En van sulke kosgangers het Ek daar tallose baie en nog eindeloos groter as hierdie een! 

[24] Dink jy dan dat Ek sal vas as jy My van die tafel wegstuur, wanneer Ek Myself nie op ’ ongepaste tyd wil aanbid nie? 

[25] O kyk, dit het die Heer nie nodig nie! Kom sit nou aan My tafel en eet met My, maar dié keer sonder die gebed wat jy jou aangeleer het! 

[26] Want die ware gebed is die liefde vir My; het jy dit, dan kan jy jou lippe altyd die moeite bespaar!” En Josef het gaan sit en eet en drink aan die ware tafel van die Heer, en gevind dat die spyse werklik hemels goed gesmaak het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205