Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die goeie uitwerking van hierdie les in alle opsigte - Die huislike lewe van die heilige familie - Die blinde bedelares en haar droom - Die genesing van die blinde deur die badwater van die Kind

(14 Des 1843)

93 Nadat hulle aldus hulle hoogagting betoon het, het die drie priesters weer terug na hulle aangewese kamer gegaan en daar tot met sonsondergang gebly. 

[2] Hulle het niks gesê nie, maar elkeen van hulle het nagedink oor die woorde van die Kind wat wonderbaarlik spreek. 

[3] Josef het in sy hart egter aan God die eer gegee en Hom inniglik gedank vir die eindeloos grote barmhartigheid, dat hy die pleegvader van die Seun van God geword het. 

[4] Nadat hy so saam met Maria en sy seuns aan God alle eer en lof gegee en Maria ewe-eens die Kindjie versorg het, 

[5] is die Kindjie weer aan Jakob oorgegee. Josef het sy geskeurde kleed deur Maria laat aanmekaarwerk en het daarna met sy vier seuns weer na die akker gegaan om dit te bewerk. 

[6] Maria het intussen die kamers en die meubels daarin van die huis skoongemaak, sodat dit skoon sou wees vir die ontvangs van die gaste, wat beloof het om in die middag terug te kom. 

[7] Toe sy klaar was met die skoonmaak, het sy weer na die Kind gaan kyk of Hy nie miskien iets nodig het nie. 

[8] Die Kindjie het ewenwel verlang om aan die bors te drink en vervolgens gebad te word en wel met skoon, koue water. 

[9] Maria het dit alles onmiddellik gedoen; en toe sy die Kindjie gebad het, het daar `n blinde vrou na Maria in die kamer gekom, wat baie oor haar ellende gekla het. 

[10] Maria het egter aan hierdie blinde vrou gesê: ”Ek sien wel, dat u daar baie ellendig aan toe is, maar wat kan ek dan wel vir u doen om u te help?” 

[11] En die vrou het gesê: ”Luister na my! Vannag het ek baie wonderbaarlik gedroom. 

[12] Ek het gesien, dat u `n baie helder stralende Kind het; hierdie Kind het van u begeer om aan die bors te drink en gebad te word. 

[13] Die bad het vars water in gehad en toe u die Kind daarin gebad het, het die water vol stralende sterre geword! 

[14] Toe het ek my daaraan herinner, dat ek blind is en was nie weinig daaroor verbaas dat ek dit alles kon sien nie. 

[15] Daarby het u nog aan my gesê: ”Vrou, neem dan hierdie water en was daarmee jou oë - en jy sal siende word!” 

[16] Toe wou ek dadelik na die water gryp om daarmee my oë te was, maar ek het dadelik wakker geword - en was nog steeds blind! 

[17] Vanoggend het iemand egter aan my gesê: ”Gaan na buite en soek! Jy sal die vrou met die Kind ontmoet; want jy sal nie eerder `n huis binne gaan, as alleenlik wanneer jy die bepaalde een gevind het nie!” 

[18] Hier het ek nou die sekere doel van my groot moeite, angs en gevaar bereik!” 

[19] Nou het Maria aan die blinde vrou die badwater aangegee en die vrou het haar gesig daarmee gewas en het op daardie oomblik siende geword. 

[20] Die vrou het van louter dank en vreugde geen raad geweet nie en wou dit dadelik in die hele Ostrasine uitbasuin; maar Maria het haar dit met die grootste nadruk verbied.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205