Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die uitleg en verklaring van die veelseggende spel -Nuwe onenigheid tydens die tweede spel - Die derde gooi - Die eersugtige meisie in die ministerskuiltjie - Die aanhitsing teen die Kind - Die nuwe, laaste gooi en herstel van die fundamentele lewensorde

(29 Mrt 1844)

195 Gedurende die verloop van hierdie tweede spel het daar weer ietwat onenighede tussen die spelers voorgekom. 

[2] Die minister is te veel gevrees, omdat dit Cirénius self was; die veldheer en ook die landvoog en die regter het hulle nouliks durf waag om teen die minister op te tree en was heimlik nukkerig by hulleself oor so `n orde.. 

[3] Veral `n paar meisies, wat die landvoog en die regter voorgestel het, was nie tevrede nie, omdat hulle sonder toestemming van die minister niks mag gedoen het nie. 

[4] Alleenlik Sixtus in sy kinderkuiltjie was volkome tevrede. 

[5] Die Kindjie het hierdie onenigheid opgemerk en het almal daarom weer byeengeroep, die albasters opnuut uitgedeel en vir die derde maal laat gooi. 

[6] By hierdie gooi egter het Cirénius in die koningskuiltjie en die Kindjie in die kinderkuiltjie gekom; 

[7] en alle kinders het `n groot vreugde daaraan gehad, dat die twee jaar en vier maande oue Jesus ook eenkeer in die kinderkuiltjie gekom het. 

[8] Nou het dieselfde meisie weer daar aangekom en aan die Kindjie gesê: “Kyk, dit is die regte plek vir Jou; ek is bly, dat Jy ook eenkeer in hierdie vervelige kuiltjie kom!” 

[9] Maar die Kindjie het egter gesê: “Kyk, die ministerskuiltjie is nog vry! Neem `n albaster en gooi, miskien kom jy wel daarin!” 

[10] Toe het die meisie tog maar weer `n albaster geneem en gegooi en het presies in die ministerskuiltjie gekom. 

[11] Toe sy haarself in die ministerskuiltjie gesien het, het sy `n hoogrooi kleur van vreugde gekry, omdat haar eersug eindelik `n keer bevredig was en sy het skertsend gesê: 

[12] “Nou, my Jesus, verheug Jou; nou sal ek Jou wel straf as Jy ongehoorsaam is!” 

[13] En die Kindjie het gesê: “Weet jy, kinders is vry van die wet; wat wil jy dan met My doen?” 

[14] Maar die meisie het gesê: “Laat die spel maar eers begin, dan sal Jy dadelik sien of die minister geen gesag oor kinders het nie!” 

[15] Nou het Cirénius as koning die spelreëls uitgedeel en elkeen het na sy plek gegaan om daar sy funksie uit te oefen. 

[16] Die minister het veral die priester hewig teen die kind opgestook, dat hy Hom nie na hom sou laat kom nie. 

[17] Dus het ook die andere beroepe geen gehoor aan die kind gegee nie. 

[18] Daarom het Jesus na die koning gehardloop en Hom volgens die reëls van die spel by hom bekla omdat Hy vervolg is.  

[19] En die koning het gesê: “O Heer, ek is nog te min in hierdie reëls ingewy! 

[20] Omdat daar, ongeag hierdie reëls, nou al weer wanorde in die spel ingesluip het, sal ek die klein geselskap weer byeenroep en as Jy wil, kan ons dadelik `n nuwe gooi doen!” 

[21] En die Kindjie het gesê: “Ja, Cirénius, `n nuwe en vir ewig die laaste! 

[22] Roep dus die kinders weer byeen, dan sal ons die laaste toets doen!” 

[23] Cirénius het die kinders byeengeroep en die albasters verdeel en daar is gegooi. 

[24] Hierdie keer het al die kinders met inbegrip van Cirénius in die kinderkuiltjie gegooi; alleenlik Jesus het in die koningskuiltjie gegooi. 

[25] Toe het Sy kuiltjie dadelik begin gloei en Sy albaster soos die son te straal. 

[26] En die Kindjie het die stralende albaster geneem en dit in die vaderkuiltjie geplaas en daarop aan Cirénius gevra:

[27] “Cirénius, verstaan jy nou wel hierdie betekenisvolle spel al `n bietjie?” 

[28] En Cirénius het gesê: “O Heer, my lewe, hoe sou ek dit moes verstaan?” 

[29] En die Kindjie het gesê: “Luister dan na My; Ek sal dit aan julle almal duidelik en deeglik uitlê!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205