Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef se vermoedens en sy profesie - Maria se troos - Die geseënde aandete - Maria se swangerskap word sigbaar

7 Vervul van verhewe vermoedens sê Josef aan Maria: ”Kind van die Heer! In jou is aan my huis baie vreugde geskenk; my siel is vervul van hoë verwagtinge! 

[2] Maar ook weet ek, dat die Heer diegene wat Hy liefhet altyd op die proef stel; laat ons Hom daarom altyd vra, dat Hy ons almal steeds genadig en barmhartig mag wees! 

[3] Is dit selfs moontlik dat die Heer deur jou en my die ou verbondsark, wat reeds voos geword het, wil vernuwe?! 

[4] Maar as so-iets inderdaad op hande sou wees, wee dan jou en my; dan sal ons nog swaar tye moet deurmaak! - Maar nou niks meer hieroor nie! 

[5] Wat kom moet kom, dit sal ook sekerlik kom, en ons kan dit nie verhinder nie. Maar as dit kom, dan sal dit ons met `n almagtige hand gryp en ons sal sidder vir die wil van Hom, wat die aarde gegrondves het!”

[6] Maria het egter niks van dit alles verstaan nie en het Josef, wat baie bekommerd daaroor uitgesien het met die volgende woorde getroos: 

[7] “Liewe vader Josef! Word nie verdrietig oor die wil van die Heer nie; ons weet immers dat Hy met Sy kinders steeds die beste vir ons wil! As die Heer met ons is soos Hy was met Abraham, Isak en Jakob en soos Hy ook altyd was met diegene wat Hom liefhet, watter leed of kwaad sou ons dan kan oorkom?!” 

[8] Deur hierdie trooswoorde gerusgestel, het Josef die Heer in sy hart met al sy krag gedank, omdat Hy hom in Maria so `n troostende engel gegee het. Hy het gesê: 

[9] “Kinders, dit is alreeds laat in die aand; laat ons daarom die lofsang sing en dan ons geseënde aandete eet en daarna gaan rus.” 

[10] Dit het hulle gedoen en Maria het vinnig die brood gaan haal en Josef het dit uitgedeel; almal verbaas hulleself, dat die brood hierdie keer so besonder goed gesmaak het! 

[11] Maar Josef het gesê: ”Alle lof aan die Heer; wat Hy seën, smaak altyd op sy beste!” 

[12] En Maria het daar liefdevol en wys aan toegevoeg: “Kyk, liewe vader, so hoef u immers ook geen vrees te hê vir die besoekinge van die Heer nie, want ons is immers ook Sy kostelike seëninge!” 

[13] En Josef het gesê: “Ja, ja, suiwer dogter van die Heer, jy het gelyk! Alles wat die Heer my sal oplê wil ek geduldig dra, want te swaar sal Hy Sy las vir my nie maak nie en Sy juk sal ook nie te hard vir my wees nie, - want Hy is immers `n Vader vol goedheid en erbarming, ook in Sy ywer! En daarom geskied dus altyd Sy heilige wil!” 

[14] Hierna gaan die vrome familie rus en die volgende dag word aan huislike werksaamhede bestee. 

[15] Dag na dag word Maria egter swaarder; omdat sy dit wel merk, probeer sy haar swangerskap vir die oë van Josef en sy seuns so goed moontlik te verberg. 

[16] Maar na verloop van twee maande het dit nie meer gehelp om dit weg te steek nie. Josef het agterdogtig geword en in die geheim een van sy vriende in Nasaret geraadpleeg oor die merkwaardige toestand van Maria.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205