Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 296

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die elfjarige Jesus en Jakob gaan hout bymekaar maak - Jakob word deur `n adder gebyt en sterf - Jesus wek hom weer op uit die dood – `n Werk- Evangelie - Wees ywerig in geestelike aangeleenthede! - Opwekking van die ontslape seun Kephas en die ontslape timmermanskneg Mallas - Die goeie les: “In afguns skuil altyd die dood!”

(04 Sep 1844)

296 Vanaf daardie oomblik het die Kind Jesus tuisgebly, Hom rustig en gehoorsaam gedra en ook klein werkies verrig.

[2] `n Hele jaar lank het Hy geen wonderwerke gedoen nie, dus tot aan Sy elfde jaar!

[3] Toe Hy elf jaar oud was, het Hy egter weer drie belangrike wonderwerke gedoen en dit sal hier kortliks weergegee word,

[4] Gedurende die voorjaar het die voorraad vuurmaakhout van Josef binne `n paar dae opgeraak.

[5] Daarom het hy Jakob en Jesus, omdat hulle die meeste tyd gehad het, na `n nabygeleë bos gestuur om fyn hout te versamel.

[6] Beide het daarop uitgegaan en ywerig gedoen wat Josef aan hulle opgedra het.

[7] Jakob het baie vinnig te werk gegaan, sodat daar vir Jesus weinig takkies fyn hout oorgebly het om op te tel, want Jakob was Jesus telkens voor.

[8] Deur hierdie ywer het dit gebeur dat hy na ruie takke gegryp het waaronder `n giftige adder hom bevind het.

[9] Die adder het Jakob in sy hand gebyt. Van skrik en ontsetting het hy op die grond geval. Sy hand het plotseling opgeswel en Jakob het agteroor gebuig en tekens van die dood getoon.

[10] Toe het Jesus hom te hulp gespring en in die wond ge blaas; en dit het onmiddellik beter met Jakob gegaan.

[11] Die adder het egter ontsettend opgeswel en in duisend stukke uitmekaargebars!

[12] Daarna het Jesus aan Jakob gesê: “Te veel spoed is selde goed! In alle werk van die wêreld, as dit te ywerig bedryf word, lê die dood!

[13] Dit is daarom in elke situasie beter om lui te wees vir die wêreld en des te yweriger vir die gees.

[14] So sal diegene, wat ywerig vir die wêreld is, in hulle ywer vir die aardse steeds die dood van hulle siel vind!

[15] Maar Ek sal die luiaards in wêreldse dinge opsoek en hulle vir ewig in My diens neem; en aan hulle wat net `n uur van die dag gewerk het, sal Ek dieselfde loon gee as aan hulle wat die hele dag oorywerig gewerk het!

[16] Heil vir elke luiaard in wêreldse sake, maar onheil vir diegene wat daarvoor ywer! Die eerste sal My vriend wees - en die tweede My vyand!”

[17] Jakob het hierdie woorde goed onthou en daarvolgens geleef en het hom dit nie aangetrek nie as hy soms die bynaam “die luie en trae” gekry het,

[18] maar hy was van toe af des te yweriger in sy hart besig met Jesus en het daar eindeloos baie daarby gewen.

[19] Kort daarna, twee dae later, het die enigste seuntjie van `n buurvrou wat `n weduwee was, gesterf en sy het baie daaroor geween.

[20] Jesus het toe met Sy Jakob ook daarheen gegaan om die oorlede seun te sien.

[21] Toe Hy egter die weduwee gesien het wat hewig gehuil het, het Hy haar jammer gekry en Hy het die ontslape seun by die hand geneem en gesê: “Kephas! Ek sê vir jou: Staan op en bedroef nooit weer die hart van jou moeder nie!”

[22] Toe het die seun plotseling opgestaan en alle aanwesiges met `n glimlag begroet.

[23] Nou het die weduwee geen raad geweet nie en sy het gesê: “O, wie is tog hierdie Seun van Josef, dat Hy met `n woord dooies kan opwek? Is Hy `n God of `n engel?”

[24] Maar Jesus het aan die weduwee gesê: “Vra nie verder nie, maar gee aan Kephas melk sodat hy weer heeltemal beter word!”

[25] En die weduwee het dadelik gegaan en melk, wat sy warm gemaak het, vir die jong seun gaan haal en hy het daarna heeltemal gesond geword. .

[26] Toe wou almal begin om Jesus te aanbid, maar Hy het vinnig daarvandaan weggegaan en ander kinders ontmoet met wie Hy op `n baie wyse manier gespeel het.

[27] Toe Hy egter daar so aan die speel was, het iemand van `n ander huis, wat deur enkele timmerlui van die stad herstel is, na benede geval, sy nek gebreek en was op slag dood.

[28] Onmiddellik het daar `n menigte mense saamgekom, wat die ongelukkige bekla, sodat dit `n groot geraas was.

[29] Toe Jesus hierdie geraas gehoor het, het Hy saam met Jakob ook daarheen gegaan, vir Homself `n weg tot by die gestorwene gebaan en aan hom gesê:

[30] “Mallas! Ek sê vir jou: Staan op en gaan weer aan met die werk! Spyker jou planke egter beter vas, anders val jy nog `n keer!

[31] Want dit kom nie daar op aan hoeveel werk jy gedoen het nie, maar hoe jy gewerk het. In afguns skuil altyd die dood!”

[32] Daarop het Jesus weer vinnig weggegaan en die ontslapene het weer gesond opgestaan en so energiek verder gewerk, asof niks hom oorgekom het nie. Maar die woorde van Jesus het hy in sy hart bewaar.

[33] Hierdie drie wonderwerke het kort na mekaar gebeur en alle bure wou daarom begin om Jesus te aanbid.

[34] Jesus het hulle dit egter verbied en het Hom daarna etlike weke nie in die dorp laat sien nie.

[35] In die huis van Josef is die drie dade egter goed onthou en daar is baie daaroor gepraat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205