|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 182
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Oor die buig van die hart in plaas van die knieë - Die begroeting van Josef deur Cirénius - Oor die Seën van die kruis en die triomf van die vertroue op God - Vreugde van Cirénius omdat Ostrasine so naby is
(12 Mrt 1844)
182 Nou het ook Josef aangekom en saam met Maria van vreugde geween, omdat hy na twee jaar sy vriend Cirénius weer te siene gekry het.
[2] Maar die Kindjie het aan Cirénius gesê: “Cirénius, dit is voldoende, as jy in alle liefde jou hart voor My buig;
[3] jou knieë kan jy egter eerder maar reguit hou! Want kyk, jy het hier immers `n groot gevolg by jou, wat My nog nie ken nie en jy moet My nie verraai deur so `n houding nie!
[4] Staan daarom op en doen wat Josef doen en Jonathan en Maria en al die ander; laat jou vrou ook opstaan!”
[5] Toe het Cirénius hom met Tullia weer opgerig en hy het die Kindjie dadelik op sy arms geneem en Hom geliefkoos.
[6] Met die Kindjie op die arm het hy na Josef toe gegaan en gesê:
[7] “Wees gegroet uit die diepste van my hart! Hoe buitengewoon dikwels het ek in my hart na jou verlang;
[8] alleenlik die noodlottige staatsake het gedurende die verloop van hierdie twee jaar soseer opgehoop, dat ek nooit geweet het om tyd te vind om hierdie heilige verlange van my hart te vervul nie!
[9] Nou eers het ek alles sover gereël, dat ek jou, my heilige vriend, `n kort tydjie sou kon besoek.
[10] Maar selfs nou, noudat ek die drang van my hart gevolg het, sou ek byna ten gronde gegaan het, as hierdie mees heilige Kindjie my nie `n redder tegemoet gestuur het nie!
[11] O my vriend en broer, ek het gedurende hierdie twee jaar baie verduur!
[12] Vervolging, verraad, laster by die keiser en baie ander hoogs onaangename dinge moes ek deurstaan!
[13] Maar ek het daarby steeds altyd gedink aan wat die mees heilige Kindjie twee jaar gelede aan my gesê het, naamlik dat Hy diegene wat Hy liefhet, steeds knyp en aan hulle trek.
[14] En voorwaar, al hierdie storms rondom my gemoed was in alle erns niks anders as loutere liefkosings van My Heer van alle meesters en JaHWeH nie!
[15] Want steeds, as `n golf hom teen my verhef en gedreig het om my met huid en haar te verslind,
[16] is dit deur `n nog groter teengolf verpletter en daar het niks anders oorgebly as net ydele, leë skuim nie!
[17] En so het ek hier nou ook goed behoue en veilig aangeland na `n groot gevaar wat ek deurstaan het en wat gedreig het om alles te verslind, en bevind ek my nou in jou uiters heilige geselskap en die woeste storm wat my so beangs gemaak het, het asof vir ewig gaan lê!”
[18] Nou het Josef Cirénius omhels en gesê: “Ja, broer in die Heer, soos jy dit nou sê, so is dit ook!
[19] Ek het innerlik steeds geweet wat daar met jou gebeur het, maar ek het dan ook steeds altyd die Heer geloof, omdat Hy jou so liefhet!
[20] En kyk nou eers in die rigting van die middag en die oggend, dan sal jy maklik die stad en nog makliker jou villa herken!
[21] Laat jou skip daarom versorg en kom saam met my; tuis kan ons eers regtig uitvoerig van harte ons uitpraat!”
[22] Toe Cirénius daarheen gekyk en weldra die villa gewaar het, was hy heeltemal van stryk af en kon geen woord uitbring nie.
|
|
|
|
|