Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die gebeurtenis in die grot - Die visioen van die vroedvrou en haar profetiese woorde - Die vroedvrou by Maria en die Kind - Salome, die suster van die vroedvrou twyfel aan die maagdelikheid van Maria

(25 Aug. 1843)

16 En die vrou het hiermee ingestem en Josef na die grot gevolg; maar toe hulle naby die grot gekom het, is die grot plotseling in `n digte wit wolk omhul, sodat hulle nie die ingang kon vind nie. 

[2] Die vroedvrou het baie verbaas geword oor hierdie verskynsel en aan Josef gesê: 

[3] ”My siel het vandag groot dinge ervaar! Ek het vanoggend `n grootse en die wonderbaarlikste visioen gehad, waarin alles presies so vorm aanneem, soos ek dit nou in werklikheid gesien het, nog sien en nog meer sal sien! 

[4] U is dieselfde man wat my in die visioen tegemoet gekom het; ook het ek vroeër elkeen te midde van sy werk tot rus sien kom en gesien hoe `n wolk oor die grot gekom het en het met u gespreek, soos ek nou gespreek het. 

[5] En ek sien nog meer wonderbaarlikhede in die grot, toe my suster Salome agterna kom, aan wie ek my visioen van vanoggend toevertrou het! 

[6] Daarom sê ek nou dan ook vir u en vir God, my Heer: Israel het `n groot heil wedervaar! `n Redder het gekom, van bo gestuur, in ons tyd van groot nood!” 

[7] Na hierdie woorde van die vroedvrou het die wolk dadelik van die grot teruggewyk en `n geweldige lig vanuit die grot het die vroedvrou en Josef tegemoet gekom sodat hulle oë nie in staat was om dit te verdra nie en die vroedvrou het gesê: ”Alles is dus waar, wat ek in die visioen gesien het! O man, gelukkige, hier is meer as Abraham, Isak, Jakob, Moses en EliJaH!” 

[8] Na hierdie woorde het die sterk lig geleidelik begin draagliker word en die Kindjie het sigbaar geword toe Hy juis vir die eerste maal die bors van Sy moeder geneem het. 

[9] Die vroedvrou het met Josef nou die grot binnegetree, die Kindjie en Sy moeder bekyk en toe sy gesien het dat alles voortreflik verloop het, 

[10] ”Waarlik, waarlik, dit is die Verlosser, wat deur alle profete besing was, wat sonder bande reeds in die moederskoot vry sal wees, om aan te dui dat Hy alle harde bande van die wet sal losmaak! 

[11] Wanneer het iemand ooit gesien dat `n pasgebore kind al na die bors van die moeder reik?! 

[12] Dit bewys baie duidelik, dat die Kind eens as man die wêreld sal rig volgens die liefde en nie volgens die wet nie! 

[13] Luister, jy gelukkige man van hierdie maagd! Alles is absoluut in orde, laat my daarom uit die grot gaan, want dit is vir my moeilik omdat ek besef dat ek nie rein genoeg is om die heilige nabyheid van my en u God en Heer te verdra nie!” 

[14] Josef het hewig oor hierdie woorde van die vroedvrou geskrik, maar sy het uit die grot na buite gehardloop. 

[15] Toe sy uit die grot uitgekom het, het sy buite haar suster Salome aangetref wat haar vanweë die bekende visioen gevolg het en sy het dadelik met haar gepraat: 

[16] “Salome, Salome, kom en sien dat my visioen van vanoggend deur die werklikheid bevestig is! Die maagd het in volle waarheid geboorte geskenk, wat die menslike wysheid en natuur nimmer sal kan verstaan nie!” 

[17] Maar Salome het gesê: ”Sowaar as wat God leef, kan ek nie glo dat `n maagd geboorte geskenk het nie, voordat ek haar nie eiehandig ondersoek het nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205