Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius vra om die Seën van die Kindjie - Die Kindjie verlang van Cirénius om afstand te doen van Eudokia terwille van Tullia - Cirénius in `n innerlike tweestryd - Die onveranderlike wil van die Kindjie - Eudokia word daarby gehaal

(29 Des 1843)

104 Hierdie verhewe woorde van die kant van Tullia het Cirénius heeltemal met geesdrif vervul, en hy het na Tullia gegaan, wat die Kindjie nog op die arms gehou het, en het met die grootste ontroering aan die Kindjie gesê: 

[2] ”O, Jy my lewe, Jy ware God van my hart, omdat Jy my tog al so genadig met die meisie verbind het, daarom vra ek, `n arme sondaar, dan ook om Jou seën, waaraan ek my lewe lank getrou wil bly!” 

[3] En die Kindjie het Homself dadelik opgerig en gesê: ”Ja, My liewe Cirénius, Ek seën jou met jou vrou Tullia! 

[4] Maar die vrou wat tot dusver met jou in die huwelik verbind was, dié moet jy daarvoor aan My gee! 

[5] Want sou jy dit nie doen nie, dan sou jy vir My in die sonde van `n egbreker bly; jy het immers van die vrou gehou en jy het haar nog baie lief! 

[6] As jy die vrou na My bring en haar geheel aan My gee en opoffer, dan het jy daarmee ook jou sonde aan My gegee! 

[7] Ek het immers in die wêreld gekom om alle sonde van die mense van die wêreld op My te neem en dit deur My liefde vir ewig tot niet te maak voor Sy Goddelike aangesig! Laat dit so wees!” 

[8] Cirénius was aanvanklik wel ietwat onthuts oor hierdie versoek, want die vrou waarmee hy `n huweliksverbintenis het, was `n buitengewone mooi Griekse slavin, wat hy vir baie geld gekoop het! 

[9] Hy het haar vanweë haar groot skoonheid baie liefgehad, hoewel hy by haar geen kinders gehad het nie.

[10] Hierdie Griekse meisie was weliswaar al dertig jaar oud, maar sy was desondanks nog so mooi, dat sy deur die gewone heidene eenvoudig as `n Venus aanbid is. 

[11] Daarom was hierdie versoek vir ons goeie Cirénius wel ietwat swaar en dit sou vir hom baie aangenamer gewees het as dit agterweë sou gebly het. 

[12] Maar die Kindjie laat Homself daardeur nie van stryk bring nie, maar het vas volhard met Sy eis! 

[13] Toe Cirénius egter gesien het dat die Kindjie nie van Sy eis wou afsien nie, het hy aan die Kindjie gesê: 

[14] ”O, Jy my lewe! Kyk, my geliefde, my mooie Eudokia lê my baie na aan die hart, en ek sal haar baie mis! 

[15] Werklik, as dit moontlik sou wees, sou ek liewer Tullia aan Jou afstaan, as om die skone Eudokia af te gee!” 

[16] Die Kindjie het egter vir Cirénius geglimlag en aan hom gesê: ”Sien jy My dan vir `n ruilhandelaar aan? 

[17] O kyk, dit is Ek egter nie! Of beskou jy My as `n wese wat met homself laat kibbel oor `n uitgesproke woord? 

[18] O, dan sê Ek jou: as jy aan My sou sê: “Laat die hele sigbare hemel en die sigbare aarde vergaan!” dan sou Ek dit eerder verhoor, as wat Ek My eenmaal gesproke woord sou terugneem! 

[19] Waarlik, Ek sê vir jou: Die son, maan en sterre en hierdie aarde sal vergaan, soos `n kleed sal hulle verouder en ten gronde gaan, maar My woorde in ewigheid nie! 

[20] Daarom sal jy jou Eudokia dan ook dadelik hierheen laat bring en eers daarna Tullia , wat deur My geseën is, ontvang. 

[21] Indien jy jou egter verset, dan sal Ek jou Eudokia laat sterwe - en gee dan Tullia nie meer aan jou nie. 

[22] Want wat jy doen, moet jy vrywillig doen; `n geforseerde daad het vir My geen waarde nie. 

[23] Sterf Eudokia, dan is jy al geoordeel deur haar dood en kan nie meer die man van Tullia word nie. 

[24] Maar offer jy Eudokia aan My, dan is jy waarlik vry en kan Tullia jou regmatige vrou wees! 

[25] Volgens My orde kan jy nie twee vroue hê nie, want in die begin is daar maar één man en één vrou geskape. 

[26] Doen dus soos Ek nou tot jou gespreek het, sodat daar geen oordeel oor jou sal kom nie!” 

[27] Hierdie woorde van die Kindjie het Cirénius tot die skielike besluit gebring om Eudokia uit die stad te laat haal; 

[28] Want hy het haar saamgeneem uit Tyrus, maar het haar aan niemand getoon nie, sodat niemand deur haar groot bekoring aangetrek sou word nie. 

[29] Maar nogtans het hy haar selfs nou nog aan niemand anders toevertrou as aan die oudste seun van Josef en aan Maronius Pilla nie. 

[30] Beide het onder geleide van Cirénius se lyfwag na sy residensie gegaan en het die mooi Eudokia baie gou in die woning van Josef gebring; Eudokia was egter baie verwonderd daaroor en het nie geweet hoe dit gekom het, dat Cirénius haar vir die eerste keer deur vreemde mans laat haal het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205