Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Blindheid, ontsag en vlugplanne van die drie afgodspriesters - Wyse gedragsreëls van die Kindjie Jesus vir Josef en Cirénius

(02 Des 1843)

83 Nadat die maaltyd beëindig was en almal van die tafel opgestaan het, het een van die priesters na Josef gegaan en hom uiters deemoedig gevra: 

[2] “Uranus, of tog ten minste Saturnus as vader van Zeus! Want dit is u beslis in lewende lywe, hoewel u vroeër in die stad probeer het om u goddelikheid vir ons te verberg; 

[3] u het dit egter alleenlik gedoen om ons op die proef te stel, om te sien, of ons u regtig in alle erns sou herken of nie. 

[4] Net kortstondig het ons u nie erken nie en daarom vra ons u om vergewing vir onse groot blindheid. 

[5] Die vroeëre uitspraak van u Kind het vir ons almal `n lig aangesteek en ons weet nou presies waar ons aan of af is. 

[6] Maak ons daarom gelukkig en gee ons te kenne, hoe ons `n offer kan bring sowel aan u, en aan u goddelike vrou en aan u Kind, wat beslis deur u almag die verjongde Zeus moet wees!” 

[7] Josef was verbaas oor hierdie plotselinge verandering van die drie priesters, omdat hy hulle vroeër in die stad die oorsaak van die dwaling van hul heidendom helder en goed begryplik uiteengesit het. 

[8] Hy het daarom nagedink oor na wat hy hulle nou sou antwoord, maar Die Kindjie wou dadelik na Josef toe kom; 

[9] en toe Hy daar op Jakob se arms aangekom het, het Hy dadelik aan Josef gesê: 

[10] “Laat hierdie arme mense nou maar soos hulle is en wys hulle nie tereg nie, want hulle is blind en slaap en droom! 

[11] Laat hulle `n paar dae hier bly, dan sal My broers hulle wel uit die slaap en uit die droom opwek! Wanneer hulle sal sien, hoe julle self tot God bid, dan sal hulle hul Uranus, Saturnus en Zeus wel laat vaar!” 

[12] Hierdie woorde het Josef volkome gerusgestel en hy het dadelik aan die drie priesters dadelik die voorstel gedoen om intussen intrek by hom te neem, tot daar vir hulle êrens `n taak en inkomste gevind sou word. 

[13] Die drie priesters, wat nouliks gewaag het om asem te haal uit louter eerbied, het nog minder durf waag om die voorstel af te wys, terwyl hulle nou geheel en al nie geweet het waar hulle eintlik daaraan toe was nie. 

[14] Hulle het die voorstel dus aangeneem, maar onder mekaar het hulle gemompel: 

[15] “Ag, sou dit maar moontlik gewees het om weg te loop en in die een of ander uithoek van die wêreld weg te kruip, hoe gelukkig sou ons dan wees! 

[16] Maar daar is niks anders om te doen as om hier te bly onder die oog van wat kennelik die hoofgode is nie. O, wat `n kwelling is dit vir ons onwaardiges!” 

[17] Cirénius het die gemompel onder die drietal gemerk; hy het daarom na hulle toe gegaan om hulle daaroor uit te vra. 

[18] Die Kindjie het egter gesê: “My Cirénius, moet dit nie doen nie; want dit is vir My nie onbekend, wat daar in hierdie drie omgaan nie. 

[19] Hulle plan is die vrug van hulle blindheid en van hulle dwase vrees, en voer niks anders in die skild as `n wegvlug van ons na die allerverste verwyderde uithoek van die aarde nie. 

[20] Kyk, dit is alles so, en daarom hoef jy jou nie dadelik so op te wen nie! 

[21] Laat hier in hierdie huis die oordeel maar aan My oor en wees daarvan verseker, dat daar aan niemand onreg aangedoen sal word nie!” 

[22] Cirénius was daarmee tevrede en het weer met Josef na buite gegaan; die drie priesters het hul egter a die kamer wat aan hulle aangewys is, begeef.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205