Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die vraag van Cirénius oor die wonderbaarlike spreekvaardigheid van die drie-maande-oue Kindjie Jesus - Die skitterende wyse antwoord van die engele oor die geheimsinnige wese van Die Kindjie

(30 Jan 1844)

129 Onmiddellik het Cirénius hom uiters deemoedig tot die Kindjie gewend en gesê: 

[2] ”My lewe, My alles! Ook al weet `n mens wie Jy is, is dit nogtans ongelooflik wonderlik, dat Jy, `n Kindjie van drie maande, so heeltemal volmaak en buitengewoon wys kan praat!  

[3] Daarom sou ek graag hier op hierdie berg, waarop alreeds soveel wonderlike dinge voorgekom het, `n bietjie ophelderende lig van Jou wou ontvang! Sou Jy my daaroor nie iets wou vertel nie?” 

[4] Maar die Kindjie sê: ”Kyk, daar langs Josef bevind die twee dienaars van My hulle: wend jou tot hulle, hulle sal dit aan jou bekendmaak!”” 

[5] Cirénius het hierdie raad dadelik gevolg en het hom oor hierdie aangeleentheid tot albei die jongmans gewend. 

[6] En hulle het gesê: ”Wel, dit is `n suiwer hemelse aangeleentheid; ook al sou ons dit aan jou bekendmaak, dan sou jy dit nogtans nie verstaan nie! 

[7] Want die natuurlike mens kan die suiwer hemelse nooit verstaan nie, omdat hulle gees nog nie vry is nie, maar gevange is in alle wêreldse materie. 

[8] Jy is ook nog vir die grootste deel natuurlik, dus sal jy ook nie verstaan wat ons jou sal meedeel nie! 

[9] Maar jy wil daar opheldering oor hê, daarom sal ons jou dit ook op bevel van die Heer gee; 

[10] maar die begrip kan ons jou nie gee nie, omdat jy nog `n natuurlike mens is. 

[11] Luister dus na ons: Die Kindjie, soos Hy volgens Sy menslike aard is, kan as natuurlike mens nog lank nie met julle praat nie. 

[12] Dit sal eers oor een jaar halfpad moontlik wees. 

[13] Maar in die hart van die Kindjie woon die volheid van die Ewige, Almagtige Godheid! 

[14] Wanneer die Kindjie nou verstaanbaar en uiters wys praat, dan praat nie die sigbare Kind nie, maar die Godheid praat vanuit die Kind in jou gemoed wat vir die doel gewek is. 

[15] En jy verstaan die woorde dan so, asof dit die Kindjie is wat praat, wat vir julle sigbaar is.. 

[16] Maar dit is nie so nie, want alleen die Godheid, wat vir jou onsigbaar is, praat dan! 

[17] En dit wat jy van buite af dink om te hoor, dit hoor jy in jouself; en dit is met elkeen die geval wanneer hy hierdie Kindjie hoor praat! 

[18] Gaan maar eers, om jou hiervan te oortuig, sover hiervandaan staan as wat jy wil, waar jy die natuurlike stem van die Kindjie nie meer kan hoor nie 

[19] en die Kindjie sal dan met jou praat en jy sal Hom in die verte ewegoed verstaan soos ook in die grootste nabyheid! Gaan probeer dit maar!” 

[20] En hoewel Cirénius van dit alles niks verstaan het nie, het hy nogtans ongeveer duisend treë in die rigting van die vlakte van die berg beweeg. 

[21] Daar hoor hy meteens baie helder en duidelik die roep van die Kindjie, wat so gelui het: 

[22] ”Cirénius, keer nou weer vinnig terug, want op die plek waar jy staan, is `n grot vol tiers! 

[23] Hulle begin om jou te ruik; haas jou daarom terug voordat hulle jou in die oog kry!” 

[24] Toe hy dit gehoor het, kom Cirénius so vinnig soos die wind terug en het daar nou totaal verbluf gestaan. Hy wou verdere vrae stel, maar hy het uiteindelik nie geweet wat hy moes vra nie, want hierdie ervaring was vir hom te wonderbaarlik.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205