Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 216

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Waarom die Middellandse See met reg `n middelsee genoem mag word

(28 Mei 1844)

216 Toe almal hulleself versadig geëet het aan die koue vis, het hulle van die tafel af opgestaan, Josef vir hierdie goeie maaltyd gedank en na buite gegaan, want die son het nog nie heeltemal ondergegaan nie. 

[2] Toe die meeste gaste uit die gevolg van Cirénius buite was, het die Kindjie aan hom gesê: 

[3] “Cirénius, herinner jy jou nie meer wat jy My buite by die plek van die brand gevra het nie, toe Ek die visse uit die Middellandse See geprys het hoe goed en voortreflik hulle is?”

[4] Cirénius het `n oomblik hieroor nagedink, maar kon hom nie meer aan sy vraag herinner nie; 

[5] hy het daarom aan die Kindjie gesê: “O my Heer, my lewe, vergeef my, ek moet aan Jou erken dat ek dit totaal vergeet het!” 

[6] Die Kindjie het weer geglimlag en vol sagmoedigheid aan die ietwat verleë Cirénius gesê: 

[7] “Het jy My nie gevra of die Middellandse See wel in die middel van die aarde lê nie?! 

[8] Ek het jou toe na die klein aardbol verwys, waarop jy dit moes nagaan, om jou daarvan te oortuig of hierdie see hom wel werklik in die middel van die aarde bevind. 

[9] Wel nou, ons sou nou die beste tyd hê om hierdie saak af te handel! 

[10] Neem daarom die klein aardbol in jou hand en soek en vind die antwoord op jou vraag!” 

[11] En Cirénius het gesê: “Ja, by my arme siel, dit sou ek heeltemal vergeet het, as U, o Heer, my nie nou nie daaraan herinner het nie!” 

[12] Jakob het nou dadelik na die sykamer gehardloop en die klein aardbol vir Cirénius gebring. 

[13] Dadelik het hy die Middellandse See gesoek en dit ook spoedig gevind. 

[14] Toe hy met sy vinger na die Middellandse See gewys het, het die Kindjie hom gevra: 

[15] “Cirénius, is dit wel die middel van die aarde? Of hoe vind jy die saak?” 

[16] En Cirénius het gesê: “Volgens die leer van Euklides en Ptolemeus is ek wel `n kundige rekenkundige 

[17] en weet dus uit die planimetrie*, dat op die oppervlakte van `n bal, elke willekeurig aangegewe punt die middelpunt van sy oppervlakte is, omdat dit ten eerste met die middelpunt van die bal in die nouste ooreenstemming staan, * (plat kaart meetkunde; vlakmeetkunde.) 

[18] en ten tweede, omdat alle lyne wat vanuit daardie punt na die teenoorgestelde punt loop, dieselfde kromming en dimensie het.  

[19] Volgens hierdie grondbeginsel kan hierdie see ewenwel die “Middelsee” heet. 

[20] Maar ek vind dan weliswaar ook, dat elke see in dieselfde omstandigheid verkeer en ewegoed `n middelsee kan wees.” 

[21] En die Kindjie het gesê: “Daar het jy wel gelyk, maar nogtans is die leer van Euclides nie hier van toepassing nie 

[22] en kan hierdie see nogtans uitsluitend `n middelsee heet, 

[23] want die ware middel is daar, waar die Heer is! 

[24] Kyk, die Heer is nou hier by hierdie see en daarom is die middel van die see ook daar! 

[25] Kyk, dit is `n ander berekening, waarvan Euclides nie gedroom het nie en dit is noukeuriger as syne!” 

[26] Hierdie verklaring het Cirénius enorm geïnteresseer en hy het toe dit verder nagevors.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205