Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die verdere uitleg van die goddelike Kindjie oor die lewende huwelikswet - Die liefde van die verstand en die liefde van die hart - Die verbintenis van beide die geliefdes deur die Kindjie -Die getuienis van Tullia oor die Godheid in die Kindjie

(28 Des 1843)

103 Omdat almal na hierdie woorde van die Kindjie, baie verslae voor hulle gekyk het en niemand meer gewaag het om iets te sê nie, het die Kindjie plotseling weer Sy mond geopen en gesê: 

[2] Wat staan julle daar nou so treurig om My heen? Ek het julle tog geen kwaad aangedoen nie. 

[3] My liewe Cirénius, Ek gee dan aan jou die een waarna jou hart verlang, en liewe Tullia, ook aan jou gee Ek jou Cirénius; wat wil julle dan nog meer hê? 

[4] Moet Ek dan die egbreuk van `n lewende huwelik goedkeur, terwyl julle mense wel die doodstraf daarop geplaas het op die egbreuk van `n dooie huwelik?! 

[5] Wat sou dit wel vir `n verlange wees? Want is dit wat in die lewe gebeur, nie meer as dit wat deur die dood geoordeel is nie?! 

[6] Ek dink dat julle wel bly sou wees, maar nie dat julle sou treur nie, omdat dit aldus so is! 

[7] Wie liefhet, het hy lief met sy hart of met sy verstand? 

[8] Julle het die huwelikswette nie gebaseer op die hart nie, maar alleen op die verstand! 

[9] Die lewe egter is alleenlik in die hart en vloei vanself na alle dele van die mens en sodoende ook na die verstand, wat in homself geen lewe het nie, maar dood is. 

[10] As julle die wette van die verstand, wat net soos die verstand self dood is, al met die dood bekragtig, hoeveel te meer redelik is dit dan om die ewige lewende wette van die hart te respekteer! 

[11] Wees daarom bly dat Ek, as die Lewende onder julle, die wette van die lewe vashou; want as Ek dit nie sou doen nie, dan het die ewige dood reeds lankal oor julle almal gekom! 

[12] Daarom egter het Ek in die wêreld gekom, sodat deur My alle werke en wette van die dood vernietig word en in hulle plek die ou wette van die lewe moet tree! 

[13] Soos Ek julle egter vooruit wys wat die wette van die lewe is en wat die van die dood, watter verdriet doen Ek julle dan daardeur aan, dat julle daaroor bedroef en bang is vir My, asof Ek julle in plaas van die lewe, die dood gebring het? 

[14] O julle dwase! In My het die aloue, ewige lewe na julle gekom; verheug julle daarom en wees nooit meer bedroef nie! 

[15] En jy, My Cirénius, aanvaar die vrou wat Ek jou gee, en jy Tullia, neem met volle erns die man wat Ek na jou gebring het; julle mag mekaar nou nooit meer verlaat nie! 

[16] As die dood van die liggaam julle eens sal skei, dan sal die oorlewende, wat die uiterlike betref vry wees, maar die liefde sal ewig voortduur, Amen!” 

[17] Hierdie woorde van die Kindjie het almal in die grootste verbasing geplaas 

[18] En Tullia het, terwyl sy heeltemal gebewe het van die grootste eerbied, gesê: 

[19] ”O mense! Hierdie Kind is geen mensekind nie, maar is die hoogste Godheid Self! 

[20] Want so kan geen mens nie, maar alleen `n God praat; alleen `n God as die grondslag van die lewe self kan die wette van die lewe ken en kan dit in ons tot lewe wek! 

[21] Ons mense is almal dood; hoe sou ons dan die wette van die lewe kon vind en dit as sodanig instel?! 

[22] O, Jy mees heilige Kindjie, nou eers sien ek duidelik, wat ek voorheen vaag vermoed het: Jy is van ewigheid die Heer van hemel en aarde! Jy verdien daarom ook al my aanbidding!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205