|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 26
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Verwyt van die herbergier Nikodemus aan Josef – Josef se regverdigende woorde - Die getuienis van die vroedvrou - `n Barmhartige wenk aan Nikodemus, wat die Heer herken
(9 Sept. 1843)
26 Die volgende môre egter, toe Josef alreeds op die punt gestaan het om na Betlehem te vertrek het die jong Israeliet gekom wat van plan was om die geld vir die oornag verblyf te vra.
[2] Toe hy egter die kamertjie betree het, het hom dadelik so `n groot angs oorval, dat hy geen woord oor sy lippe kon bring nie.
[3] Josef het na hom toe gegaan en gesê: ”Vriend, sien u iets by my wat `n dragme werd is, neem dit dan, daar ek geen geld in my besit het nie!”
[4] Nou het die Israeliet ietwat herstel en met bewende stem gesê: ”Man uit Nasaret, nou herken ek u eers! U is Josef, die timmerman, en is dieselfde, aan wie nege maande gelede Maria, die maagd van JaHWeH, deur die lot in die tempel toegewys is.
[5] Hier is dieselfde meisie! Hoe het u haar opgepas, dat sy nou moeder is in haar vyftiende jaar? Wat het daar voorgeval?
[6] Werklik, u is nie die vader nie! Want manne van u leeftyd en van u godvrugtigheid, wat gerespekteerd is in geheel Israel, doen nimmer so iets nie!
[7] Maar u het volwasse seuns: kan u vir hulle onskuld instaan? Het u steeds op hulle gelet in al hulle denke en handelinge, en hulle doen en late in die oog gehou?'
[8] Josef het die jongman nou geantwoord: ”Nou herken ek u ook; u is Nikodemus, `n seun van Benjamin, uit die stam Levi! Waarom ondervra u my, terwyl u nie die reg daartoe het nie? Die Heer Self het my daaroor ondervra in die heiligdom en op die berg van vervloeking en het my geregverdig voor die hoë raad; wat vir `n skuld wil u dan nog by my en my seuns vind?
[9] Gaan na die tempel en doen navraag by die Hoë Raad, dan sal aan u oor my hele huis `n regverdige getuienis gegee word!'
[10] Hierdie woorde het die ryk jongman baie getref en hy, Nikodemus, het gesê: ”Maar om JaHWeH se wil, as dit so is, vertel my dan tog hoe dit gebeur het, dat die meisie geboorte geskenk het! Is dit `n wonder of is dit natuurlik?”
[11] Nou het die aanwesige vroedvrou na Nikodemus gekom en gesê: ”Meneer, hier is die geld vir die huur van die hoogs karige kamertjie! Hou ons dus nie tevergeefs langer op nie, want ons moet vandag nog in Betlehem aankom!
[12] Bedink egter wie vandag vir `n dragme so behoeftig in u huis deurgebring het! Voorwaar, voorwaar, u allermooiste kamers, wat met goud en edelstene versier is, sou nog veel te min wees vir hierdie heerlikheid van God, wat hier intrek geneem het in hierdie kamertjie, wat hoogstens goed genoeg is vir gevangenes!
[13] Gaan egter na die Kindjie en raak Hom aan, sodat die dik skille van u oë afval en u sien, wie u hier besoek het! Ek as vroedvrou het volgens ou gewoonte die reg, om u toe te staan om die Kindjie aan te raak.”
[14] Nou het Nikodemus na die Kindjie toe gegaan en Hom aangeraak; toe hy Hom aangeraak het, is vir hom vir `n kort tydjie sy innerlike oog ontsluit, sodat hy die heerlikheid van God gesien het.
[15] Onmiddellik het hy voor die Kind op sy knieë neergeval en Hom aanbid en gesê: ”Welke barmhartigheid en erbarming moet daar, o Heer, in U wees, dat U U volk op hierdie wyse besoek het!
[16] Maar wat moet ek nou met my huis maak, en wat met myself, noudat ek die heerlikheid van God so misken het?”
[17] Die vroedvrou het egter gesê: ”Bly in alles soos u is, maar bewaar wel die diepste stilswye oor wat u gesien het, anders sal JaHWeH se oordeel oor u kom!“ Nikodemus het nou die dragme weer teruggegee, wenend na buite gegaan en het daarna die kamertjie met goud en edelstene laat versier. Josef het egter dadelik begin om sy reis te onderneem.
|
|
|
|
|