Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Matigheid van Cirénius in eet en drink – Josef se dankgebed en sy goeie uitwerking op Cirénius – Josef se woorde oor dood en ewige lewe - Wese en waarde van barmhartigheid

(5 Okt. 1843)

39 Hoewel die Romeine aan langdurige swelgpartytjies gewoond was, was Cirénius hierop `n uitsondering. 

[2] Wanneer hy nie af en toe ter ere van die keiser dergelike feesmaaltye moes hou nie, dan was die maaltyd vir hom maar kort, want hy was een van daardie filosowe, wat gesê het: ”Die mens leef nie net om te eet nie, maar hy eet alleenlik om te lewe - en daarvoor is geen daglange swelgpartytjie nodig nie.” 

[3] Daarom het hierdie heilige maaltyd dan ook kort geduur en was net bereken op die noodsaaklike versterking van die liggaam. 

[4] Na hierdie maaltyd wat dus kort was, het Josef die Heer vir spyse en drank gedank en die gasheer daarvoor geseën. 

[5] Hierdeur was Cirénius baie ontroerd en het hy aan Josef gesê: ”O, hoe hoog staan jou godsdiens tog bo dié van my! Hoeveel nader staan jy naby die Almagtige goddelikheid as ek! 

[6] En hoeveel is jy daardeur veel meer mens as wat ek dit ooit sal kan word!' 

[7] Maar Josef antwoord Cirénius: ”Edele vriend, u bekommer uself oor iets wat die Heer u nou so pas gegee het! 

[8] Ek sê u egter: Bly u, wat u is; deemoedig uself in u hart enkel en alleen voor God, die ewige Heer en probeer in die verborgene aan alle mense goed te doen, en u is ewe naby aan God soos my voorvaders Abraham, Isak en Jakob! 

[9] Kyk, in hierdie Kind het die Almagtige God u immers opgesoek; u het Hom op u arms gedra! Wat wil u nog meer hê? Ek sê u: U is gered van die ewige dood en sal voortaan geen dood meer sien, voel of smaak nie!' 

[10] Nou het Cirénius opgespring van vreugde en gepraat: ” O man, wat praat jy? Ek sal nie sterf nie? 

[11] O, sê my, hoe is so-iets moontlik? Want kyk, tot nou toe is nog geen mens van die dood verskoon nie! Sal ek dus werklik in die aantal ewig lewende godedom opgeneem word, soos ek nou leef?” 

[12] Maar Josef het gesê: ”Edele vriend, u het my nie verstaan nie; Ek sal u egter sê hoe dit daar by u aardse einde sal wees: 

[13] As u sonder hierdie barmhartigheid gesterf het, dan sou ernstige siekte, kommer en vertwyfeling u gees en u siel dan met die liggaam gedood het en daar sou vir u na hierdie dood niks meer as `n kwellende, dowwe bewussyn van uself gebly het nie. 

[14] In die geval sou u lyk soos iemand, wat in sy eie huis wat bo hom ineengestort het, halfdood toegooi word en so lewend begrawe word en wat nou die dood moet voel en in totale vertwyfeling bitter moet smaak, terwyl hy homself nimmermeer kan red nie. 

[15] Sterf u egter nou in hierdie barmhartigheid van God, so sal net die swaar liggaam van u afgeneem word en u sal ontwaak tot `n ewige volmaakte lewe, waarin u nie meer sal vra: waar is my aardse liggaam nie? 

[16] En u sal, wanneer die Heer van die lewe u sal roep, volgens u geestelike vryheid self u liggaam soos `n ou lastige kleed kan uittrek!” 

[17] Hierdie woorde het op Cirénius `n uiters magtige indruk gemaak. Hy daarop voor die Kind neergeval en gebid: ”O Heer van die hemele, laat my in sulke barmhartigheid bly!” Die Kind het vir hom geglimlag en Sy handjie oor hom uitgestrek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205