Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef neem die genese vrou op in sy huis - Die romantiese lewensgeskiedenis van die vrou – Josef se woorde van troos aan die arme se kind

( 16 Des 1843)

95 Toe die vrou al gemerk het, dat Josef die eggenoot van Maria was, het sy na hom toe gegaan met die versoek om in sy huis te mag bly. 

[2] En Josef het aan die vrou gesê: ” As jy so ` n barmhartigheid wedervaar het soos my vrou my in jou teenwoordigheid vertel het, en jy wil om die rede dankbaarheid aan die huis betuig, dan mag jy wel bly. 

[3] Want kyk, ek het hier ` n taamlike groot stuk grond met verskeie huisdiere en ` n ruim huis! 

[4] En dus sal dit aan werk nie ontbreek nie en woonruimte is daar genoeg. 

[5] My vrou is in elk geval ietwat swak van gestel wat haar liggaamlike krag betref; daarom sal jy my ` n goeie diens bewys, as jy my vrou hier en daar met die huishoudelike werk wil help. 

[6] Daar sal in al jou behoeftes voorsien word, maar ek kan jou geen loon in geld gee nie, omdat ek dit self nie het nie. 

[7] Is jy met hierdie voorstel tevrede, dan kan jy hier bly as jy wil, maar nie uit een of ander vermeende verpligting nie!” 

[8] Hierdie woorde het die vrou, wat in elk geval geheel en al ` n arme weeskind was, uitermatig gelukkig gemaak en sy het die huis geprys waarin sy soveel goeie dinge ontvang het. 

[9] Josef het haar na haar geboorteplek en na haar ouderdom gevra en van welke godsdiens sy was. 

[10] En die vrou het geantwoord: ” Allereerwaardigste man, ek kom uit Rome en is die dogter van ` n invloedryke patrisiër! ( aristokraat-aartsvaderlik) 

[11] Ek sien daar veel ouer uit as wat ek is, want ek is skaars twintig somers lank ` n bewoner van hierdie aarde. 

[12] Ek het blind in hierdie wêreld ingekom; ` n priester het my ouers aangeraai om my na Delphi te bring, waar ek deur Apollo se erbarming lig in my gesigsvermoë sou kry. 

[13] Toe my ouers hierdie raad ontvang het, was ek tien jaar en sewe maande oud. 

[14] My ouers, wat baie ryk was en my as hulle enigste dogter uiters liefgehad het, het hierdie raad gevolg. 

[15] Hulle het `n skip gehuur om met my na Delphi te vaar. 

[16] Ons het ons egter nouliks drie dae op see bevind, toe daar `n geweldige storm opgesteek het wat die skip met groot snelheid na hierdie gebied toe gedryf het. 

[17] Ongeveer tweehonderd vaam* voor die kus - soos my lewensredder my dikwels vertel het - is die skip op `n rots gewerp * (1 vaam = 1,8 meter; 200 vaam = 360 meter.)  

[18] en almal, behalwe ek en `n matroos wat my gered het, het ten ondergegaan en dus ook my liewe ouers. 

[19] Nooit het daar `n geleentheid homself voorgedoen, wat my na my vaderstad sou kon terugbring nie. Die matroos het ook hier gesterf, alreeds vyf jaar gelede en ek is nou `n verweesde bedelares wat deur groot nood en verdriet uitgeteer is. 

[20] Maar noudat ek so `n barmhartigheid sekerlik by die gode gevind het en die my gesigsvermoë teruggekry het en my weldoeners nou kan sien, wil ek ook graag my groot ellende vergeet!” 

[21] Die verhaal van die meisie, wat daar oënskynlik soos `n vrou uitsien, het almal tot trane beweeg; en Josef het gesê: ”O arme weeskind, wees getroos, want hier sal jy jou ouers veelvoudig terugvind!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205