Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die ontsteltenis van Maronius Pilla en Josef se vraag - Die heidense bekentenis van Maronius – Josef se beskeie uitleg – Cirénius se vermaning tot versigtigheid

(06 Nov 1843)

61 Maronius Pilla was so ontsteld oor hierdie wonderbaarlike verskynsel, dat hy oor sy hele liggaam gebewe het soos die blare van `n esp (trilpopulier) tydens `n swaar storm! 

[2] Josef het egter spoedig Maronius se groot benoudheid gesien en het daarom dadelik na hom toe gegaan en gesê: 

[3] ”Maronius Pilla, waarom beef jy dan so verskriklik? Het iemand jou kwaad aan gedoen?” 

[4] En Maronius het Josef geantwoord: ”O man, daar is niemand wat u gelyke op aarde is nie, u het dit maklik, want u is `n God wie alle elemente moet gehoorsaam! 

[5] Maar ek is net `n swak en sterflike mens, wie se lewe, net soos die bestaan van die suil, in u hand lê! 

[6] Met u gedagtes kan u my, sekerlik net soos `n hele wêreld, in `n oogwink vernietig! 

[7] Hoe sou ek dan nie bewe voor u nie, wat sekerlik die magtigste oervader van al ons gode is, as hulle werklik iewers sou bestaan?! 

[8] Alreeds sedert ondenkbare tye was die suil gewy aan Jupiter Stator; alle storms en weerligstrale het uit groot vrees daarvoor gebewe en teruggedeins! 

[9] En nou vernietig selfs u onmondige Kind dit! As u Kind al soiets kan doen, wat vir `n mag moet daar dan nie in u skuil nie?! 

[10] Laat u deur my, onwaardige aardwurm, aanbid!” 

[11] Maar Josef het gesê: ”Luister, vriend en broer Maronius; jy vergis jou deeglik! 

[12] Ek is nie meer as jy nie, dus ook `n sterflike mens; as jy lewenslank kan swyg teenoor almal, dan sal ek jou iets vertel! 

[13] Swyg jy egter nie, dan sal dit met jou nie veel beter gaan as wat dit met die suil gegaan het nie! 

[14] Dus luister na my, as jy wil en dit wil waag!” 

[15] Maar Maronius het Josef op sy knieë gevra om hom tog niks te vertel nie; want hy sou wel op die een of ander tydstip toevallig iets kon uiter en dan sou hy verlore wees. 

[16] Maar Josef het gesê: “Wees daaroor nie bekommerd nie; die Heer van hemel en aarde tugtig nooit iemand vanweë `n toevalligheid nie! 

[17] Daarom kan jy my sonder vrees aanhoor; wat ek jou sal sê, sal jou nie vernietig nie, maar jou wel vir ewig behou!” 

[18] En Cirénius, wat die Kind nog aanbiddend en liefkosend op sy hande gedra het, het nader na Josef getree en aan hom gesê: 

[19] ”My grootste en beste vriend! Laat Maronius nou soos hy is; ekself sal hom vandag by my eers voorberei en môre kan jy hom dan die hoëre inwyding gee!” 

[20] Josef was daarmee eens en het hom weldra weer met die geselskap in die woonhuis in begeef.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205