Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 220

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

`n Middel teen die insekteplaag - Die melkoorlog - `n Komeet

(01 Junie 1844)

220 Na hierdie gerusstelling aan Jonathan asook aan die ander wat hier aanwesig was, het Josef gesê: 

[2] Vriende, dit is `n mooi aand; hoe sou dit wees indien ons voor die nagrus nog eers nog `n uur na buite sou gaan?! 

[3] Want hier in die kamers is dit nou wel uitermate drukkend; 

[4] en as `n mens in so `n benoude atmosfeer bed toe gaan, dan kan `n mens nòg slaap, nòg rus!” 

[5] En die Kindjie het gesê: “Josef, dit is ook My mening; indien daar buite net nie soveel hinderlike insekte sou rondzoem nie, dan sou die aande nog aangenamer wees buite!” 

[6] En Josef het gesê: “Ja, Jy my lewe, daarin het Jy wel gelyk! 

[7] As daar maar `n middel was waardeur aan hierdie lastige klein gaste, sonder om teen Jou ordening in te gaan, `n vaarwel gegee sou kon word, dan sou dit uiters wenslik wees!” 

[8] En die Kindjie het gesê: “O, so `n middel sal spoedig gevind word! 

[9] Neem `n skottel warm koeimelk en plaas dit buite, dan sal julle sien hoe die baie duisende lastige klein gaste die skottel sal beleër - en ons met rus laat!” 

[10] Onmiddellik het Josef aan sy seuns opdrag gegee om `n skottel warm koeimelk buitekant neer te sit. 

[11] En Josef se seuns het dadelik gedoen wat Josef aan hulle opgedra het. 

[12] En toe die skottel warm melk buitekant was, kon mens in die lig van die dowwe aandskemering weldra `n enorme swerm van allerlei steekinsekte bo die skottel met melk waarneem. 

[13] En iedereen verwonder hulleself oor hierdie uitvinding, waardeur miljoene muggies en steekvlieë na één punt getrek word en daar letterlik `n melkoorlog met mekaar gevoer het. 

[14] En Cirénius het gesê: “Kyk, hoe eenvoudig en doelmatig is hierdie uitvindsel. 

[15] `n Klein skottel vol warm melk waarop mens skaars ag gee, bevry ons van die lastige insekteplaag! 

[16] Voorwaar, dit moet ons in Tyrus ook dadelik toepas! 

[17] Want ook daar val miljoene sulke diertjies die mense in die aand lastig.” 

[18] Die Kindjie het gesê: “Dit is wel `n baie goeie middel, maar dit sal nie oral met sukses toegepas kan word nie; 

[19] want nie oral heers dieselfde omstandighede nie, 

[20] en sulke omstandighede soos wat hier voorkom, sal jy wel nêrens anders aantref nie!

[21] Daarom werk hierdie middel ook net hier so uitstekend. Maar waar die omstandighede anders is, daar sal die middel ook nie so goed werk nie. 

[22] Maar kyk nou eers omhoog na die lug, dan sal jy `n komeet ontdek!” Cirénius het nou omhoog gekyk en gou `n helder komeet ontdek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205