Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 152

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die woorde van die Kindjie by die oordra van die armes - Cirénius as voorloper - `n Voorspelling van die val van Jerusalem deur die swaard van die Romeine

(27 Feb 1844)

152 Na hierdie bespreking het die jongmans die voorhangsel weer oopgemaak en die hele geselskap het hulle weer na die armes begeef. En die Kindjie het Homself opgerig en die armes met Sy oë geseën. 

[2] Vervolgens het Hy Hom tot Cirénius gewend en met `n lieftallige stem met hom gepraat: 

[3] ”My geliefde Cirénius Quirinus! Kyk, hierdie dienaars van My, wat jy hier as sensitiewe jongmans sien, hou in My Naam toesig oor die hele skepping! 

[4] Elke hemelliggaam, elke son moet hulle op die geringste wenk gehoorsaam, 

[5] en so sien jy, dat Ek aan hulle `n onbeperkte mag gegee het. 

[6] Soos Ek aan hierdie dienaars van My die geordende leiding van die hele skepping oorgedra het, so dra Ek hier nou aan jou hierdie baie groter lewenswêrelde oor! 

[7] Want kyk, hierdie broers en susters is meer as `n hele oneindige ruimte vol hemelliggame en sonne in sigself! 

[8] Ja, Ek sê vir jou: `n Kind in die wieg is meer werd as alle materie in die ewige eindelose ruimte! 

[9] Bedink dus hoe groot hierdie geskenk is, wat jy hiermee van My ontvang en hoe groot dit is waaroor Ek jou aangestel het! 

[10] Lei hierdie armes met alle liefde, sagmoedigheid en geduld op die regte weg na My, dan sal jy eendag die grootte van die beloning in ewigheid nie kan meet nie! 

[11] Ek, jou Heer en jou God, maak jou hiermee tot `n voorloper in die ryk van die heidene, sodat hy, wat Ek eendag na die heidene sal stuur, goed ontvang sal word! 

[12] Ook na die Judeërs sal Ek in die toekoms `n voorloper stuur (Johannes die Doper), 

[13] maar Ek sê vir jou: Hierdie persoon sal baie moeilikhede deurmaak! En wat hy in die sweet van sy aangesig sal doen, dit sal jy in jou slaap bewerkstellig! 

[14] Daarom sal die lig ook die kinders ontneem word en in alle volheid aan julle oorgegee word! 

[15] En daarom lê Ek in jou as kind die saad, wat My eens die boom sal gee, waaraan in ewigheid baie edele vrugte vir My huis sal groei. 

[16] Maar die vyeboom by die kinders, wat Ek al ten tye van Abraham in Salem geplant het - `n stad, wat Ek in Melgisédek met My eie hande gebou het - sal Ek vervloek, omdat dit niks anders as blare dra nie! 

[17] Waarlik, Ek het al die tyd nog honger gehad! Talle kere het Ek die boom in Salem deur goeie tuiniers laat bemes en nogtans het hy geen vrugte vir My gedra nie! 

[18] Daarom sal ook, voor `n eeu sal verbygaan, die stad wat My hand vir My kinders gebou het, deur julle vreemdelinge, val; die seun van jou broer (Titus)) sal teen Salem die swaard opneem! 

[19] Soos jy nou hierdie armes as kinders aanneem, so sal Ek ook julle vreemdelinge as My kinders aanneem en hulle sal die kinders na uitstoot! - 

[20] Hou hierdie woorde vir jouself en handel in die verborgene daarvolgens. Ek sal jou altyd seën met die onsigbare kroon van My ewige liefde en barmhartigheid, Amen!” 

[21] Hierdie woorde het almal stil laat word. Die engele het op hulle aangesigte gelê en niemand het dit durf waag om iets te sê nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205