Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius se woede oor Herodus en die kalmerende woorde van die Kindjie - Die vraag van die Kindjie: 'Wie het die langste arm?' - `n Vernietigingswonder

(04 Nov 1843)

60 Toe Cirénius dit van Maronius Pilla gehoor het en ook die uitspraak van Josef en van die Kindjie, was hy letterlik ontsteld en het gesê: 

[2] ”O ewige magte van die allerhoogste Heerser van die oneindigheid! Het julle dan geen weerligstrale meer om na hierdie monster van `n vasal van Rome te slinger nie?! 

[3] O Augustus Caesar, my goeie broer! Welke furie (helleveeg) het jou destyds verblind, toe jy aan hierdie monster, hierdie uitvaagsel uit die diepste Tartarus, uit die ware Orcus (seemonster), Palestina en Judea in leen gegee het?! 

[4] Nee, nee, dit is te veel om op een keer aan te hoor! - Maronius, waarom het jy my destyds niks daaroor gesê nie, toe Herodus in Tyrus deur my verhoor is nie? 

[5] Skandregtelik sou ek hom toe oombliklik sy Medusahoof (slangkop) van sy romp laat afslaan het, 

[6] en reeds lankal sou `n waardiger vasal die plek van hierdie monster uit Griekeland beklee het! 

[7] Maar wat kan ek nou doen? Sy boete het hy betaal; Ek kan hom nou geen tweede boete oplê nie, ek mag hom nie verder straf nie! 

[8] Wag maar, jou ou bloedhond, jou hiëna van alle hiënas! Op jou sal jag gemaak word, waarvan selfs geen enkele furie (helleveeg) nog ooit gedroom het nie!” 

[9] Maronius, Josef en Maria het voor die grimmigheid van Cirénius gebewe, want hulle weet nie wat Cirénius alles nog sou onderneem nie. 

[10] Ook het niemand dit durf waag om hom nou `n vraag stel nie, want hy was baie opgewonde is sy gemoed. 

[11] Alleen die Kindjie het geen vrees vir die heftige stem van Cirénius te kenne gegee nie, maar het hom steeds rustig aangekyk. 

[12] En toe Cirénius weer ietwat bedaar het, het die Kindjie opeens weer baie duidelik met Cirénius gepraat: 

[13] ”O Cirénius! Luister na My! Kom hier na My, neem My op jou arms en dra My na buite, daar sal Ek jou iets laat sien!” 

[14] Hierdie woorde het soos balsem in die gewonde hart van Cirénius gevloei en dadelik het hy met ope arms na die Kindjie toe gegaan, het Hom vol liefde op sy arms geneem en Hom, begelei deur Josef en Maria en Maronius Pilla na buite gedra. 

[15] Toe hulle buite was, het die Kindjie dadelik met duidelike woorde aan Cirénius gevra: 

[16] ”Cirénius, wie van ons twee het nou die langste arm? Meet Myne af teen joune!” 

[17] Hierdie vraag was vreemd vir Cirénius en hy het nie geweet wat hy die Kind daarop moes antwoord nie, want hy het tog duidelik gesien dat sy arm is driemaal so lank as al twee die Kind s’n saam. 

[18] Maar die Kindjie het weer gepraat: ‘'Cirénius, jy sien jou arm vir veel langer aan as Myne; 

[19] Ek sê vir jou egter dat Myne tog baie langer is as joune! 

[20] Kyk, sien jy daar in die verte `n hoë suil, getooi met `n afgodsbeeld? 

[21] Gryp daar hiervandaan na hom met jou lang arm, werp hom neer en vermorsel hom dan tussen jou vingers!”' 

[22] Cirénius, nog meer onthuts as voorheen, het na `n kort rukkie gepraat: ”O Kindjie, Jy my Lewe, dit kan niemand doen behalwe God nie!” 

[23] Maar die Kindjie het Sy arm uitgestrek na die suil, wat ruim duisend treë verder gestaan het en die suil het neergestort en het onmiddellik tot stof geword! 

[24] Daarop het die Kindjie gesê: 'Bekommer jy jou dus nie nodeloos om Herodus nie, want My arm reik immers verder as joune! Herodus het sy loon; maar jy moet hom vergewe, soos Ek hom vergewe het, so sal dit met jou beter gaan! Want ook hy is `n blinde seun van hierdie aarde!” Hierdie woorde het elke wrok van Cirénius weggeneem en heimlik het hy begin om die Kind letterlik te aanbid!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205