Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 244

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius maak sy skip gereed vir die vertrek - Jakob herinner hom aan die sfeer - Goeie raad van Josef aan Cirénius: Handel in vryheid na die wil van die Heer - Cirénius neem die drie jong seuns saam

(03 Julie 1844)

244 Na hierdie aandete het Cirénius sy skeepsvolk opdrag gegee om die skip in gereedheid te bring. 

[2] Hulle het gegaan en op die skip alles binne `n kort tydjie volkome in orde gebring. 

[3] Jakob het ook na Cirénius toe gegaan en hom gevra of hy in sy haas nie die wonderlike sfeer vergeet het wat die Kindjie hom `n paar dae tevore as geskenk gegee het nie . 

[4] By hierdie vraag het Cirénius homself letterlik by die hare gegryp en wou daarom self dadelik wegstap om dit te gaan haal. 

[5] Maar Jakob het gesê: “O Cirénius, wees nie daaroor bekommerd nie, 

[6] want wat u vergeet het, daaraan het ek alreeds gedink! 

[7] Kyk, hier in hierdie hoek is die aardbol in `n lap en u hoef dus nie meer daarvoor na ons woning te loop nie!” 

[8] Toe het Cirénius baie bly geword; hy het self die kleinood geneem en dit na die skip gedra en dit daar dit aan sy skeepskaptein oorhandig om dit goed te bewaar. 

[9] Toe ook werk afgehandel was, het Cirénius na Josef gegaan en aan hom gesê: 

[10] “Luister nou welwillend na my, mees verhewe vriend en broer, want ek het nou `n goeie idee gekry en dit moet uitgevoer word! 

[11] Kyk, jy het nou `n groot aantal mense in jou huis, waarvan sommiges by jou sal bly! 

[12] My kinders veroorsaak jou tog min of meer baie sorge en ongeleenthede, veral in die besonder die drie jong seuns, soos ek self gesien het.

[13] Ek het daarom in elk geval besluit om minstens die drie knape met my saam te neem en alleenlik die vyf meisies by jou te laat.” 

[14] En Josef het gesê: “Liewe broer, doen wat jy dink wat die beste is, vir my alles goed wees! 

[15] Maar doen alles net soos die Heer jou dit aanraai, dan sal dit die beste wees! 

[16] Vra daarom ook hierin die Heer en doen dan wat Hy jou sal sê!” 

[17] Met die grootste liefde en eerbied het Cirénius hom nou dadelik tot die Kindjie gewend en Hom dit gevra volgens Josef se raad. 

[18] En die Kindjie het gesê: “Ja ja, neem die drie baie ondeunde jong seuns tog net saam; dit is vir My wel goed! 

[19] Sixtus sou Ek weliswaar nog goed vind, maar ook hy is nogal veranderlik en wil My niks laat geld nie. 

[20] Neem hom daarom ook maar saam en wees baie streng met hulle, andersins sal hulle regte wêreldlinge word! 

[21] Maar laat die meisies maar hier, want Ek is baie liewer vir hulle, omdat hulle ook meer van My meer liefhet as die jong seuns! 

[22] Maar Ek het hulle nie meer lief omdat hulle meisies is nie, maar alleenlik weens hulle groter liefde vir My.” 

[23] Na hierdie uitlating van die Kindjie het Cirénius die drie jong seuns geneem die Kindjie vir Sy voortreflike raad gedank en het hulle toe ook dadelik aan boord van die skip laat bring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205