|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 170
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
Sinlose vraag van Jonathan na die innerlike houding van Josef ten opsigte van die Kindjie – Josef se raak antwoord
(20 Mrt 1844)
170 Na die tafereel aan tafel wat Jonathan baie vreugdetrane, maar ook trane van berou gekos het, het Jonathan aan Josef gesê:
[2] “Josef, my ou jeugvriend, vertel my tog eers baie eerlik, hoe eindeloos gelukkig jy wel voel, as jy dink hoe groot jou roeping is?
[3] Wat is jou gevoelens, wanneer jy na die Kindjie kyk en jou lewende gelowige hart sê: 'Kyk, dié Kindjie is God JaHWeH Sebaot,
[4] wat met Adam , met Henog, met Noag, met Abraham, Isak en Jakob gepraat het,
[5] wat ons voorvaders deur Moses uit die land van harde nood verlos het en Self die wet in die woestyn gegee het,
[6] en die groot volk veertig jaar lank in die woestyn gevoed het, waar niks as net hier en daar `n doringstruik en `n distel gegroei het nie,
[7] wat gespreek het deur die mond van heiliges en profete!?
[8] O Josef, sê, sê dit my, wat ervaar jy dan in so `n aanwesigheid van Hom, wat hemel en aarde gegrondves het?!
[9] Ja, wat die engele geskape en die eerste mensepaar gemaak en tot lewe gewek het deur Sy ewig lewende asem!
[10] Of sê eers, is dit vir jou wel moontlik om te praat, as jy dit bedink?
[11] Word deur die aanskoue van die Kindjie jou tong nie alreeds sodanig vasgebind dat jy uit te groot eerbied vir Hom, wat van ewig was, moet swyg nie?”
[12] En Josef het Jonathan ten antwoord gegee: “Jy het gelyk, dat jy my daaroor vra;
[13] maar dink self na - wat moet ek doen? Dit is nou eenmaal so en ek moet die Allerhoogste dus verdra, as`t ware asof dit iets nederig sou wees; anders sou ek immers onmoontlik kon bestaan!
[14] Kyk, God is nou eenmaal God en ons is Sy skepsele! Hy is alles en ons almal is niks!
[15] Hierdie verhouding is volkome korrek; kan jy self egter deur jou allerhoogste gedagtevlug aan hierdie verhouding iets verander?
[16] Sien, daarom is jou vraag ydel! Want al sou ek `n hart gehad het so groot soos die aarde, en `n hoof so groot soos die hemel en daaraan gevoelens en gedagtes kon ontneem waarvoor alle engele sou bewe,
[17] sê my, welke diens sou ek daardeur bewys aan Hom, wat in Sy Regterhand die hele oneindigheid dra soos ek `n sandkorreltjie?!
[18] Sou ek daardeur meer mens en God minder God wees?!
[19] Kyk, daarom is jou vraag ydel! Alles wat ek kan doen is dat ek die Kindjie met al my kragte liefhet en aan Hom die noodsaaklike dienste bewys, wat Hy van my verlang!
[20] Al die ander groot dinkwerk laat ek om dié rede opsy, omdat ek wel weet, dat my verhewenste en grootste gedagte teenoor die grootheid van God louter grootpraterige niks is!
[21] Hierdie antwoord het Jonathan op heeltemal ander gedagtes gebring en hy het daarna nie langer sulke vrae aan Josef gestel nie.
|
|
|
|
|