|
Die Jeug van Jesus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 123
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300. |
|
|
DIE GESELSKAP OP DIE HEILIGE GODEBERG
Die tog na die heilige berg - Die ontmoeting met die wilde diere - Die wilde diere word deur die twee hemelse jongmanne getem
(23 Jan 1844)
123 Cirénius met sy gevolg, Maronius met die drie priesters en Josef met Maria en die Kindjie, die twee jongmans en Eudokia het die stoet gevorm.
[2] Maria en Eudokia het op die twee esels gesit, wat deur beide die jongmans gelei is.
[3] Die ander jongmans het met die seuns van Josef tuisgebly en hulle gehelp om die huis te versorg en het goeie brood en `n middagete voorberei, wat egter eers in die aand genuttig is.
[4] Buite die stad was daar egter `n berg, wat heeltemal met seders begroeid en vierhonderd vaam (klafters) hoog was.
[5] Hierdie berg is deur die heidene as `n heiligdom vereer, om welke rede daar dan ook geen boom afgekap is nie.
[6] Net `n weg, wat deur die priesters aangelê was, het na die top gelei, waar `n oop tempel gebou was, vanwaar `n mens na alle kante `n wye en verruklike uitsig gehad het.
[7] Vanweë die digte bebossing van hierdie taamlik uitgestrekte berg was daar voortdurend `n groot menigte verskeurende diere in die digte woude van hierdie berg, wat die bestyging daarvan onveilig en gevaarlik gemaak het.
[8] Die drie priesters was egter goed bewus van hierdie eienskap van die berg en het daarom ook na Cirénius toe gekom toe hy alreeds die voet van die berg bereik het om hom dit te laat weet.
[9] En Cirénius het gesê: ”Sien julle dan nie dat ek glad nie bang is nie?
[10] Waarom sou ek dit ook wees?! Die Heer van alle hemele en aarde is immers in ons midde en twee van Sy almagtige dienaars!”
[11] Die drie priesters het moed geskep by hierdie woorde van Cirénius en het weer hulle plek ingeneem en die stoet het vinnig berg-opwaarts beweeg.
[12] Toe die hele geselskap hulle egter ongeveer ruim `n halfuur lank in die bos van die gebergte bevind het, het daar plotseling drie sterk leeus uit die ruigte te voorskyn gespring en Cirénius se weg versper.
[13] Cirénius het nie min daaroor geskrik nie en het om hulp geskreeu.
[14] Dadelik het die twee jongmans na vore getree, die drie gediertes bedreig en hulle het oombliklik al brullende die plek verlaat;
[15] hulle het egter nie in die ruigte teruggevlug nie, maar het die geselskap aan die kant van die pad begelei en niemand enige kwaad aangedoen nie.
[16] Toe die geselskap weer `n halfuur verder geklim het, is hulle deur `n hele karavaan van leeus, swart luiperds en tiers tegemoet gekom.
[17] Maar toe hierdie grieselrige karavaan beide die jongmanne in die oog gekry het, het hulle hulself aan beide sye van die pad verdeel om sodoende plek te maak vir ons geselskap!
[18] Vir baie in die gevolg van Cirénius het hierdie ontmoeting soveel eerbied en hulle soveel respek ingeboesem, dat hulle dit nouliks durf waag het om asem te haal.
[19] Toe hulle egter opgemerk het hoe die gediertes in die nabyheid van die Kindjie gaan lê en gebewe het, het daar vir hierdie bang heidene `n lig opgegaan en hulle het begin vermoed, wie in die Kindjie aanwesig was.
|
|
|
|
|