Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die vraag van Cirénius oor die Goddelike wese van die Kind -Josef probeer `n verklaring te gee deur middel van die lewende Woord van God in die profete - Die verbetering van Josef se opvatting deur die Kind Jesus

(28 Feb 1844)

153 Eers na `n ruk het Cirénius Josef opsy geneem en aan hom gesê: 

[2] ”My verhewe vriend en broer, het jy gehoor wat die Kindjie aan my gesê het? 

[3] Het jy gehoor, hoe Hy nou eenkeer baie openlik reguit gesê het: ”Ek, jou Heer en jou God!”? 

[4] As ek dink aan Sy almagtige wil en die dienaars uit die hemel van die hemele, wat altyd op hulle aangesigte neerval as die Kleintjie praat, dan is die Kind inderdaad - die enigste, ewige, waaragtige God en Skepper van die wêreld en van alle dinge wat daarop is! 

[5] Vriend, broer, wat sê jy van hierdie getuienis van my? Is dit nie so nie? Of is dit anders?” 

[6] Selfs Josef was hier `n bietjie verbaas, want hy het die Kind wel as `n volkome Seun van God beskou, maar vir die Godheid Self het hy Hom nie beskou nie. 

[7] Na `n rukkie het hy dan ook gesê: “'Dit sou ietwat te gewaagd mag wees om die Kind as God Self te beskou. 

[8] Dit is egter met die Judeërs so, dat hulle kinders van God is - en dus ook seuns van God! 

[9] En dit dateer alreeds vanaf vader Abraham af, wat ook `n seun van God was, en dus is hulle ook Sy nakomelinge. 

[10] Bowendien was daar by ons ook altyd groot en kleiner profete gewees en as hulle gepraat het, dan het hulle uit God gepraat en God het gerig en steeds in die eerste persoon deur hulle gepraat. 

[11] So het die Heer eenkeer deur Jesaja gespreek: ”Want Ek is die Heer, U God, wat die see in beweging bring, sodat sy golwe woed. My naam is: JaHWeH Sebaot. 

[12] Ek lê My woord in jou mond en bedek jou onder die skadu van My hande, om die hemel te plant en die aarde te grondves en aan Sion te sê: Jy is My volk!” 

[13] En kyk, ook al het die profeet so in die eerste persoon gepraat asof hy self die Heer was, dan is hy egter nogtans nie die Heer nie, maar die Gees van die Heer praat alleen net so deur die mond van die profeet! 

[14] En kyk, so sal dit hier ook wees; God wek in hierdie Kind `n baie magtige profeet op en praat nou reeds vroegtydig deur Sy mond, soos eens deur die mond van die seun Samuel!” 

[15] Nou was Cirénius weliswaar gerusgestel, maar die Kindjie het verlang dat Josef en Cirénius na Hom moet kom en aan Josef gesê: 

[16] "Josef, jy weet wel dat die Heer meestal in die eerste persoon deur die mond van die profete gespreek het; 

[17] maar weet jy nie wat die Heer eenkeer deur Jesaja (Jesaja 63:1-6.) gepraat het, toe Hy gesê het: 

[18]1 Wie is dit wat daar aankom uit Edom, met rooi mantels uit Bosra? Hy daar, pragtig in sy gewaad, wat agteroor buig in die volheid van sy krag? Dit is Ek wat in Geregtigheid spreek, wat magtig is om te verlos. 

[19]2 Waarom is U gewaad so rooi, en U klere soos dié van een wat die wynpers trap? 

[20]3 Ek het die pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap met My Toorn en hulle vertrap met My Grimmigheid, 

[21] sodat hulle bloed op My klere gespat en Ek My hele gewaad bevlek het. 

[22]4 Want die dag van wraak was in My Hart, en die jaar van My Verlossing het gekom. 

[23]5 En Ek het uitgekyk, maar daar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie. Toe het My Arm My gehelp en My Grimmigheid het My ondersteun. 

[24]6 En Ek het volke vertrap met My Toorn en hulle dronk gemaak in My Grimmigheid; en Ek het hulle bloed op die Aarde laat afloop. 

[25] Josef, ken jy Hom, wat uit Edom kom en wat nou gekom het en nou aan jou sê: ”Ek is Hy, wat geregtigheid leer en `n Heer is om te help!”?” 

[26] By die aanhoor van hierdie woorde het Josef sy hand op sy bors gelê en die Kindjie in sy binneste aanbid. 

[27] En Cirénius het na `n rukkie baie saggies aan Josef gesê: ”Broer! Met hierdie woorde van die Kindjie, wat vir my weliswaar te wys is, kom dit my voor asof ek tog gelyk sou hê!” 

[28] En Josef het gepraat: ”Ja, jy het gelyk, maar soveel te meer moet jy nou daaraan gewoond wees om daaroor te swyg, as jy die lewe wil behou!” - En Cirénius het hierdie vermaning diep in sy hart geskryf en het ook sy lewe lank daarop ag gegee.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205